Amla en Elgar versterk Proteas se wurggreep in eerste toets

Dean Elgar of the Proteas the Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Dean Elgar of the Proteas the Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

DEAN ELGAR het sy eerste Toets dubbelhonderdtal met een lopie misgeloop terwyl Hashim Amla sy 27ste honderdtal aangeteken het om die Standard Bank Proteas in 'n stewige posisie te plaas in die eerste Sunfoil Toets teen Bangladesj op Senwes Park.

Elgar (199 van 388 balle, 15 viere and 3 sesse) en Amla (137 vanaf 200 balle, 17 viere en 'n ses) het gedeel in 'n venootskap van 215 na die 196 wat Elgar en Markram om die eerste paaltjie gemoker het. Danksy hul vertonings met die kolf kon Faf du Plessis net na teetyd verklaar op 496/3 en het daarna ook drie Bangladesjie kolwers kleedkamer toe gestuur. Een van hulle was die kaptein, Mushfiqur Rahim.

Bangladesj het teen 'n goeie lopietempo gekolf maar is steeds 369 lopies agter die tuisspan.

Hulle het ook 'n reuse fout begaan deur nie 'n linksdraaier in hul elftal in te sluit nie. Keshav Maharaj is besig om die kolfblad buite die wegpen te benut en lyk reeds baie gevaarlik vir die Proteas. Mushfiqur is twee keer misgevang voordat hy 20 gehad het maar Maharaj het sukses behaal toe Mushfiqur deur Markram in die slagyster posisie uitgevang is.

Markram het twee vangskote op sy debuut geneem en die Proteas beskik nou oor nog 'n atletiese veldwerker naby die kolwer. Hy kan ook as 'n draaibouler ingespan word en kan dalk 'n rol speel later in die wedstryd.

Die Proteas sal meer akkuraat met die bal wil wees, maar hou beslis al die troefkaarte.

Elgar se kolfwerk verbeter by die dag en hy is goed op pad om sy 1000ste Toetslopie in 'n kalender jaar te voltooi. Hy het tans 966 lopies teen 'n gemiddeld van 53.66 aangeteken.

Amla het teen 'n vinnige tempo sy lopies aangeteken en lyk goed op dreef. Dit voorspel goeie dinge vir die Proteas vir die res van die somer.