Markram beindruk met Proteas wat lopies opstapel

Aiden Markram and Dean Elgar of the Proteas during day 1 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on September 28, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Aiden Markram and Dean Elgar of the Proteas during day 1 of the 1st Sunfoil Test match between South Africa and Bangladesh at Senwes Park on September 28, 2017 in Potchefstroom, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

AIDEN MARKRAM het beïndruk vir die Standard Bank Proteas deur 97 aan te teken op sy debuut voordat hy op ongelukkige wyse uitgehardloop is. Hy het ook gedeel in 'n aanvangsvenootskap van 196 met Dean Elgar.

Elgar het sy 9de Toetshonderdtal en sy 4de vanjaar aangeteken en teen uitskeityd was die Proteas stewig in die saal op 298 vir die verlies van Markram se paaltjie.

Dit was ook die eerste keer in sewe jaar dat die Proteas 'n aanvangsvenootskap van 150 of meer bewerkstellig. Markram het beindruk met sy benadering en gelyk asof hy al vir jare Toetskrieket speel. Hoewel hy teleurgesteld sal wees dat hy nie sy honderdtal voltooi het nie, is sy toekoms as kolwer blink.

Markram se 97 is aangeteken vanaf 152 aflewerings (13 viere) en hul venootskap van 196 is binne 54.2 boulbeurte aangeteken.

Elgar was teen uitskeityd onoorwonne (128 vanaf 285 balle, 9 viere en 2 sesse) en was ook saam met Hashim Amla in 'n venootskap van 102 met Hasim Amla (68 van 103 balle, 7 viere en 'n ses) betrokke. Elgar het ook nou vir Cheteshwar Pujara van Indië verby gesteek as die voorste lopiemaker in Toetskrieket vanjaar. Hy benodig ook net 5 lopies om 900 lopies aan te teken vir 'n gemiddeld van 52.

Markram se uithardloop was die naaste wat Bangladesj aan 'n paaltjie gekom het met hul boulaanval wat gesukkel het op 'n kolfblad wat ideaal was vir kolfwerk.

Andile Phehlukwayo het ook sy buiging vir die Proteas gemaak met die veelsydige speler wat saam met Markram die 97ste en 98ste spelers geword het om die Proteas in Toetskrieket te verteenwoordig.