Ek is meer as gelukkig met my 97 – Markram

Aiden Markram of the Proteas celebrates half century  (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Aiden Markram of the Proteas celebrates half century (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

Aiden Markram fokus op die positiewe aspekte nadat hy net-net 'n Toetshonderdtal op sy debuut misgeloop het. Die Proteas het sake domineer op die eerste dag van die eerste Sunfoil Toets teen Bangladesj in Potchefstroom. Die 22-jarige het net drie lopies benodig om die 7de Suid Afrikaner te word om 'n honderdtal op debuut aan te teken, maar is uitgehardloop na 'n misverstand en moes met sy telling op 97 terugstap kleedkamer toe.

“ Ek is meer as gelukkig met my telling," het hy na uitskeityd gesê. Die Proteas het die dag afgesluit op 298/1. "As jy my gisteraand gevra het of ek met 97 gelukkig sou wees, sou ek dit met ope arms aanvaar het. Ek is baie gelukkig met 97."

“Ek het nog nooit die spel met 'n selfsugtige oog benader nie," het hy toegegee. "Ek dink ek wou so graag hê dat Elgar sy honderdtal voltooi dat ek myself gestrand het. "Dis deel van die spel en mens moet dit aanvaar en aanbeweeg. Hy was baie ontsteld. Dean en ek ken mekaar al baie lank en ons is goeie vriende. Dit was moeilik vir hom en 'n bitter pil om te sluk. Teen etenstyd het ek hom gevra om langer te kolf ter wille van die span en dis al wat saak maak. Hy het homself in 'n goeie posisie geplaas om langer te kolf."

Markram het soos 'n veteraan gekolf in sy venootskap van 196 saam met Elgar, wat steeds onoorwonne is op 128. Die paar het ookvir hul franchise die beurt geopen sedert Markram vir die Titans sy debuut gemaak het.

Elgar het die meeste lopies vir die Proteas vanjaar aangeteken met 895 lopies teen 'n gemiddeld van 52.64 in 'n baie moeilike jaar vir vir die kolwers. Markram sê die groep skep baie moed uit Elgar se vertoning met die kolf en sy inspirerende bydraes tydens die seisoen.

“Ons het baie respek vir mekaar," het hy van Elgar gesê. "Dis nooit maklik vir 'n aanvangskolwer om 'n hele dag te kolf nie. Dit is jou doelwit en taak om soveel lopies aan te teken en om soveel tyd voor die penne deur te bring. Hoe langer jy kolf, hoe makliker raak dinge en die span is gevolglik in 'n sterker posisie."

“Mens moet jou hoed afhaal vir die beurt wat Dean gespeel het. Ek is baie gelukkig dat hy nog 'n honderdtal aangeteken het. Ek ken hom en hy sal wil voortkolf vir so lank as moontlik. Hy is 'n moeilike kalant soos ons almal weet."

“Mens kan dit in sy krieket sien. Hy steek gewoonlik sy hand op wanneer dinge moeilik gaan. Hy teken altyd sy lopies aan wanneer ons met die rug teen die muur is en dit help 'n span. Hy is voorbeeldig en is 'n leier in die span en ons is baie gelukkig vir hom omdat hy die meeste lopies vanjaar aangeteken het.

Elgar (128) en Hashim Amla (68) sal die kolfbeurt om 10:00 hervat.