Faf du Plessis lei Proteas in al drie formate

Faf du Plessis.

Faf du Plessis.

Die Raad van Direkteure van Krieket Suid Afrika (CSA) het vandag aanbeveel dat die Nasionale Keurders Faf du Plessis aanwys as kaptein van die Standard Bank Proteas se Eendaggroep. Die besluit is onmiddellik van krag.

Hy neem oor by AB de Villiers, wat as kaptein die tuig neergelê het. Du Plessis sal dus die Proteas in al drie formate aanvoer.

“Veels geluk aan Faf met sy aanstelling om die eendagspan oor te neem," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat gesê." Het hom homself gevestig as een van die beste kapteins in wêreldkrieket. Dit word reflekteer in sy aanstelling as die kaptein van die Wêreldspan wat 'n T20-reeks teen Pakistan sal speel."

Sy eerste reeks as kaptein van die Eendaggroep is teen Bangadesj aanstaande maand.