Moeen Ali boul Engeland tot reeksoorwining

MANCHESTER, ENGLAND - AUGUST 7 : Moeen Ali of England celebrates after dismissing Theunis de Bruyn of South Africa during the fourth day of the 4th Investec Test match between England and South Africa at Old Trafford cricket ground on August 7, 2017 in Manchester, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

MANCHESTER, ENGLAND - AUGUST 7 : Moeen Ali of England celebrates after dismissing Theunis de Bruyn of South Africa during the fourth day of the 4th Investec Test match between England and South Africa at Old Trafford cricket ground on August 7, 2017 in Manchester, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

MOEEN ALI het weer sy veelsydigheid ten toon gestel toe hy die Standard Bank Proteas se middelorde en stertkolwers laat bontstaan het en Engeland tot 'n oorwinning geboul geboul het -hierdie keer met 177 lopies- in die laaste Toets op OId Trafford.

Engeland het gevolglik die reeks met 3-1 gewen en dis die eerste keer sedert 1998 dat hulle dit regkry om Suid Afrika in 'n reeks tuis te klop.

Moeen het vir die tweede keer in die reeks 5 paaltjies in 'n kolfbeurt platgetrek en het ook die meeste paaltjies in die reeks geneem met 25 slagoffers -5 meer as Jimmy Anderson- teen 'n gemiddeld van 25.64. Hy het ook 252 lopies in die reeks aangeteken teen 'n gemiddeld van 36 per beurt.

Hashim Amla en Faf du Plessis het vroeër verwoed vasgeskop en slegs die Proteas se vierde venootskap van meer as 100 lopies in die reeks aangeteken. Maar Moeen het 3 paaltjies binne 11 aflewerings geneem voor teetyd en het ook die belangrike paaltjie van Amla (83 van 159 balle, 13 viere en 'n ses) geneem met die Proteas wat in duie gestort het vanaf 'n posisie van 163/3 tot 173/6. Du Plessis het 10 lopies later kleedkamer toe gestap vir 61 (85 balle, 8 viere) en daarna het Engeland gou klaar gespeel met die stertkolwers.

Moeen het die dag afgesluit deur twee paaltjies in twee aflewerigs te neem en was weer op die drumpel van 'n driekuns, maar daar was niemand oor om te kolf nie.

Dit was 'n snaakse reeks vir die kolwers met albei spanne wat slegs 3 honderdtalle aangeteken het, maar Engeland het munt geslaan uit die Proteas se veldwerkers wat verskeie vangskote verbrou het.

Die Proteas is 'n talentvolle span maar die afwesigheid van AB de Villiers en Dale Steyn, en die swak vertoning van JP Duminy tesame met die beserings van Vernon Philander het hulle gepootjie.

Die jonger kolwers het ook gesukkel in toestande wat die Engelse naatboulers bevoordeel het, hoewel Morné Morkel die meeste paaltjies vir Suid Afrika geneem het. Keshav Maharaj het bewys dat hy een van die beter draaiboulers in wêreldkrieket is terwyl Duanne Olivier vinnige vordering toon.

Die toeriste was ook ongelukkig met Du Plessis wat die eerste Toets, Kagiso Rabada die tweede en Philander die derde Toets misgeloop het. Hulle was noot op volle sterkte in een van die vier Toetse nie.

Moeen is as die Speler van die Wedstryd aangewys, Morkel die SA Speler van die Reeks en Moeen die Engelse Speler van die Reeks.