Proteas sal aanhou veg- Maharaj

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

Standard Bank Proteas linksdraaier Keshav Maharaj, sê die span is gefokus om 'n goeie uitslag te verseker in die vierde Toets teen Engeland op Old Trafford, ondanks teleurstellende vertonings op 'n baie lang toer. Die Proteas het weer 'n reuse taak wat voorlê en moet 'n massiewe telling in die 4de kolfbeurt op Old Trafford aanteken.

Die kolwers het een laaste geleentheid om 'n goeie vertoning te lewer na 'n paar treurige vertonings met die kolf. Die span is gemotiveerd omdat hulle hoë standaarde stel.

“Ons wil beslis goed doen,” het hy na die derde dag se spel gesê. "Ons wil graag ons naam in ere herstel en sake gelyk maak in die reeks. Ons sien uit na die teiken wat Engeland ons gaan stel. Ja, ons het nie baie lopies as 'n eenheid aangeteken nie, maar ons wil dit verander. Dinge kan net beter gaan en hopelik gebeur dit in hierdie wedstryd."

“ Baie spanne het op hierdie stadium een voet op die vliegtuig,' het hy bygevoeg. "Ons is nou al 'n lang tyd weg van die huis af, so wat is een week waarin ons iets doen waarvoor ons lief is? Ons wil nou net gefokus bly op ons taak vir die volgende paar dae."

Engeland het reeds 'n reuse voorsprong van 360 lopies met twee paaltjies staande met Moeen Ali wat 'n begeesterde 67 gemoker het. Die Proteas se boulers het goed teruggeveg om die tuisspan se beperk tot 224/8. Die telling kon veel minder gewees het indien 'n vangskoot vanaf Ali, toe hy slegs 15 gehad het, benut was.

“Om vangskote te verbrou het nie gehelp nie," het Maharaj toegegee. "Maar ons kan daar uitgaan en die lopies aanteken. Hopelik kan die kolwers goed vaar en die telling jaag wat Engeland ons stel, wel bereik."

“Krieket is 'n snaakse sport” het hy bygevoeg. “ Mens verbrou vangskote en jy neem somtyds uitmuntende geleenthede. Niemand mis 'n vangkans opsetlik nie. Dis maar hoe die wedstryd is. Moeen het sy kans geneem, maar ons hoop om vinnig paaltjies in te palm sodat ons nie 'n veel groter teiken jaag nie."

Maharaj sê Heino Kuuhn sal ondanks sy dyspier besering, steeds beskikbaar wees om te kolf. Spel sal om 11h00 begin met 98 boulbeurte wat op dag vier geboul sal word.