Ali stuit Proteas se terugvegpoging

MANCHESTER, ENGLAND - AUGUST 06:  Duanne Olivier of South Africa celebrates dismissing Ben Stokes of England during day three of the 4th Investec Test match between England and South Africa at Old Trafford on August 6, 2017 in Manchester, England.  (Photo by Gareth Copley/Getty Images)

Die Standard Bank Proteas het hope karakter getoon met 'n moedige terugvegpoging met die bal, maar 'n skouspelagtige teenaanval deur Moeen Ali het verseker dat Engeland steeds in beheer is na die derde dag van die 4de Toets op Old Trafford in Manchester.

Op een staduim was Engeland op die planke op 134/6, wat aan hulle 'n voorsprong van 270 lopies gebied het. Ali het toe die krane oopgedraai en 'n onoorwonne 67 (59 balle, 8 viere en 3 sesse) gemoker met die tuisspan wat teen uitskeityd 224/8 op die telbord gehad het. Hul voorsprong het gerêk tot 360 lopies toe reën spel in die wiele gery het.

Moeen het heel op sy gemak gelyk op 'n kolfblad wat die ander kolwers probleme veroorsaak het en het veral onder Keshav Maharaj ingeklim.

Met twee dae se spel kan die weër steeds 'n faktor wees, maar dis onwaarskynlik dat Engeland sy beurt sal verklaar omdat die Proteas alles in die stryd moet werp om die wedstryd te wen en sake gelyk te maak in die reeks.

Die enigste ander Engelse kolwer wat hondhaaraf kon maak is die kaptein Joe Root (49 vanaf 106 balle, 6 viere).

Duanne Olivier het gespog met boulsyfers van 3/38 en het nog 'n geleentheid om daarop te verbeter wanneer Engeland hul beurt hervat. Sy slagoffers het Root, Ben Stokes en Jonny Bairstow ingesluit.