Elgar moker 8este hondertal voordat Engeland toets beklink

LONDON, ENGLAND - JULY 31:  Dean Elgar of South Africa celebrates reaching his century during the 3rd Investec Test between England and South Africa at The Kia Oval on July 31, 2017 in London, England.  (Photo by Mike Hewitt/Getty Images)

LONDON, ENGLAND - JULY 31: Dean Elgar of South Africa celebrates reaching his century during the 3rd Investec Test between England and South Africa at The Kia Oval on July 31, 2017 in London, England. (Photo by Mike Hewitt/Getty Images)

DEAN ELGAR het sy 8ste Toetshonderdtal en sy 3rde in die kalender jaar aangeteken maar kon nie die onvermydelike verhoed op dag 5 van die derde Toets teen Engeland nie. Die tuissan het die Standard Bank Proteas met 239 lopies op die Oval in Londen getroef met meer as genoeg boulbeurte oor.

Elgar is nou die voorste lopiemaker in Toetskrieket vanjaar (762 teen 'n gemiddeld van 50.80) en vir 'n geruime tyd het dit gelyk asof hy sy vertoning teen Engeland sou nadoen toe hy onorwonne was op Sahara Stadion Kingsmead.

Hy was ongelukkig die 8ste speler om sy paaltjie te verloor vir 136 (228 balle, 20 viere) en met sy paaltjie was dit neusie verby vir die Proteas met Moeen Ali wat 'n driekuns voltooi het.

Elgar het vroeër gedeel in 'n venootskap van 108 om die 5de paaltjie met Temba Bavuma voordat Bavumba BVP betrap is vir 32 (97 balle, 2 viere) maar Vernon Philander is met sy eerste bal kleedkamer toe gestuur.

Ali (4/45) was Engeland se beste bouler met Toby Roland-Jones wat 8 paaltjies op sy debuut ingepalm het.

Engeland loop nou met 2-1 voor in die reeks van 4 met die laaste wedstryd wat Vrydag op Old Trafford begin. Engeland behou dus die Basil D 'Oliviera trofee wat hulle verlede jaar in Suid Afrika verower het.

Engeland se Ben Stokes is as die Speler van die Wedstryd aangewys vir sy honderdtal in die eerste beurt en vir sy boulwerk op dag vier.