Protea kolwers sal nog aanhou veg – Birrell

Standard Bank Proteas batsman Temba Bavuma

Standard Bank Proteas batsman Temba Bavuma

Die Standard Bank Proteas voer 'n opdraende stryd om die derde Toets teen Engeland te red op die Oval. Dean Elgar (72) en Temba Bavuma (16) hou die sleutel om 'n nederlaag te vermy met die telling op 117/4 en moet nog 98 boulbeurte oorleef om 'n onbesliste uitslag af te dwing.

Proteas hulpafrigter ,Adrian Birrell, gee toe dat dit 'n moeilike taak sal wees, maar glo dat albei kolwers die temperament het om die Engelse boulaanval vir meer as 3 sessies te fnuik. Elgar het ook 'n besering op sy linker vinger opgedoen, maar sal ondanks die pyn kom voortkolf.

“Die vinger is nie gebreek nie, maar selfs al was dit, sou dit nie 'n verskil maak nie," het Birrell van Elgar se besering gesê. "Hy sal selfs met 'n gebreekte vinger kolf, want dis geen probleem vir hom nie. Hy sal steeds aanhou veg."

“Temba sal soos gewoonlik sy beste lewer," het hy van Bavuma gesê. "Hy is 'n klein vegter en sal nie toelaat dat die geleentheid hom onderkry nie. Hy het voorheen gewys dat hy baie veggees het. Hy kolf baie goed op die oomblik en moet net doen wat hy tans doen."

Die Proteas was al in soortgelyke situasies: Teen Sri Lanka in Kolombo, teen Indië op die Wanderers en teen Australië in Adelaide. Birrell sê die gemoed in die kleedkamer is steeds een van optimisme en hoop.

“ Dit was dieselfde toe ons 'n tyd gelede dieselfde moes doen teen Indië," hef Birrell bygevoeg. "Ons het dit ook voorheen teen Sri Lanka gedoen om 'n reeks te wen," het hy gesê. Daar is hoop dat ons dit weer kan doen. Ongelukkig is twee van ons spelers wat goed gaan walgooi, reeds uit. Wanneer mens kyk na die spelers wat inkom, moet ons hoop op die huidige twee spelers voor die penne. Vern is 'n fantastiese speler wat lank kan kolf en was al in soortgelyke toestande. Daar is hoop. Nie groot verwagtinge nie, maar hoop."

Spel begin om 11h00 plaaslike tyd