Proteas stel Engeland reuse teiken vir oorwinning

Hashim Amla of South Africa hits out during the third day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 16, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

Hashim Amla of South Africa hits out during the third day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 16, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

Die Standard Bank Proteas het Engeland 'n reuse teiken vir 'n oorwinning gestel en daarin geslaag om lank genoeg voor die penne te bly om die kolfblad selfs verder te verweer na die derde dag van die tweede Toets op Trent Bridge in Nottingham.

Toe Faf du Plessis uiteindelik die beurt verklaar het, het sy boulers vier boulbeurte voor uitskeityd oor gehad om aan die uitgeputte Engelse kolwers te boul, met die tuisspan wat 474 binne 184 boulbeurte benodig vir 'n oorwinning.

Alastair Cook is met die eerste bal van die tweede beurt BVP betrap deur Mornè Morkel. Skeidsregter Paul Reiffel het sy vinger gelig, maar die televisie kykweer het besering dat die bal die paaltjies sou mis.

Die kolwers moes ook verskeie benoude oomblikke oorleef voordat Engeland die dag afgesluit het op 1/0.

Die Proteas wou vir so lank moontlik op dag drie kolf en daar was al hoe meer oneweredige wip soos die dag aangegaan het. Du Plessis is BVP betrap vanaf 'n aflewering van Ben Stokes wat hom op die enkel getref het.

Die Proteas het boonop twee volle dae oor om die oorwining te beklink en om sake gelyk te maak in die reeks. Hulle het sake heeltemal domineer oor die eerste drie dae.

Dit was 'n wonderlike Toetsdebuut in Engeland vir Du Plessis, wat ook deel was van die groep in 2012, maar het nie 'n wedstryd gespeel nie. Hy het nie net die loot gewen nie, maar hy het alles tot dusver reg gedoen. Sy beurt van 63 (128 balle, 9 viere) het gehelp om sake verder te konsolideer na Dean Elgar se 80 (136 balle, 12 viere) en Hashim Amla se 87 (180 balle, 14 viere en 'n ses).

Amla en Elgar was betrokke in 'n venootskap van 133 om die tweede paaltjie, die hoogste venootskap tot dusver in die wedstryd. Die enigste ander venootskap van meer as 100 lopies was die 113 tussen Amla end Quinton de Kock in die eerste beurt.

Vernon Philander het weereens waardevolle lopies met die kolf bygedra (42 van 75 balle, 3 viere en 2 sesse) en is kort voor die deklarasie uitgehaal nadat hy gepoog het om Moeen Ali vir 'n derde agtereenvolgende ses te slaan. Philander spog tans met 'n kolfgemiddeld van 55.66 in die reeks en het die No.7 posisie sy eie gemaak in die span.

Moeen het die beste gevaar vir Engeland met syfers van 4/78 hoewel Stokes en Jimmy Anderson elk twee paaltjies ingeoes het.