Morris antwoord op kaptein se kreet

NOTTINGHAM, ENGLAND - JULY 15 : Chris Morris of South Africa celebrates after the dismissal of Moeen Ali of England during the second day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 15, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

NOTTINGHAM, ENGLAND - JULY 15 : Chris Morris of South Africa celebrates after the dismissal of Moeen Ali of England during the second day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 15, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

Dit was 'n eenvoudige boodskap van kaptein, Faf du Plessis, wat Chris Morris aangespoor het om 'n dodelike skof af te stuur en die Engelse stertkolwers te laat bontstaan op die tweede dag van die tweede Toets teen Engeland op Trent Bridge. Danksy Morris se skof swaai die Standard Bank Proteas die septer teen die Engelse. Morris het aanvanklik deurgeloop in sy eerste drie boulbeurte wat 20 lopies gekos het, maar hy het in sy tweede skof 3/18 in 5.5 boulbeurte laat kantel om te eindig met syfers van 3/38.

“ Mens moet versigtig wees om nie in die slaggat te trap waar daar hope swaai is en alles wat op die kolfblad gebeur laat jou fokus verloor nie," het hy oor sy eerste skof gesê. "Die boodskap van Faf was duidelik: Wees agressief en boul vinnig. Dit het vir my alle onsekerhede uit die weg geruim en dit het vrugte afgewerp. Ek het ingestorm en so vinnig as moontlik probeer boul."

“ Faf se kapteinskap is baie eenvoudig,” het hy bygevoeg. "Hy kommunikeer goed met almal in die span, maar veral met die boulers en die boulaanval, en mens kan die resultate sien."

Die snelboulers sal meeste van die krediet kry vir hul vertoning in lewendige toestande, maar Morris het spesiale melding gemaak van die draaibouler, Keshav Maharaj. Hy het 'n deurbraak gelewer toe het die belangrike paaltjie van Ben Stokes vir 'n nulletjie gekry het. Hy het 3/21 laat kantel en kan deurslaggewend wees in die 4de kolfbeurt met die kolfblad wat al hoe meer verbrokkel.

“ Keshav het uitstekend geboul vir ons vandag," het hy gesê. "Die aflewering na Jonny Bairstow was een van die bestes wat ek gesien het, afgesien van die bal wat Liam Dawson afgestuur het om van Hashim ontslae te raak. Keshav was ongelooflik vir ons en ons weet watter waarde hy bring. Hy is 'n genie op 'n kolfblad wat draai weens sy vlug. Hy is briljant en dis fantasties om hom in die span te hê."

Daar is steeds tyd oor in die wedstryd en dit bied aan die kolwers 'n geleentheid om geduldig aan 'n teiken te werk. Morris het toegegee dat hy onseker is oor wat 'n goeie teiken sal wees, veral op 'n kolfblad wat al hoe meer oneweredig wip.

“ Ek weet nie eintlik wat 'n wenteiken is nie,” het hy bygevoeg. "Die kolfblad bevoordeel die boulers. Die bal beweeg baie en in oortrokke toestande behoort 200 genoeg te wees. Ons sal so lank as moontlik wil kolf en vertrou in die besluit wat Faf sal maak as 'n teiken vir Engeland."

Dean Elgar (38*) en Hashim Amla (23*) sal kom voortkolf met Suid Afrika se voorsprong op 205 met nege paaltjies staande. Spel begin om 11:00 plaaslike tyd.