Proteas neem beheer van tweede toets

Morne Morkel of South Africa celebrates after dismissing Joe Root of England  during the second day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 15, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

Morne Morkel of South Africa celebrates after dismissing Joe Root of England during the second day of the 2nd Investec Test match between England and South Africa at Trent Bridge cricket ground on July 15, 2017 in Nottingham, England. (Photo by Philip Brown/Getty Images)

Die Standard Bank Proteas het verreweg hul beste dag van die hele Engelse toer gehad nadat hulle hulself in 'n bykans onaanvegbare posisie gespeel het na die tweede dag van die tweede Toets op Trent Bridge.

In die afwesigheid van die geskorste Kagiso Rabada, het die boulers 'n uitstekende vertoning gelewer met Engeland wat vir 205 binne 52 boulbeurte uitgeboul is om aan hulle 'n voorsprong van 130 te bied.

Die voorsprong is gerêk tot 205 lopies teen uitskeityd met Dean Elgar (38 vanaf balle, 6 viere) en Hashim Amla (23 vanaf 45 balle, 5 viere) wat goed lyk na 'n tweede paaltjie venootskap van 57.

Jimmy Anderson het Engeland op die regte noot laat afskop toe hulle die laaste 4 Suid Afrikaanse paaltjies vir slegs 26 lopies ingepalm het. Dit was die 7de keer dat hy 5 paaltjies op Trent Bridge laat kantel het.

Die Proteas het vinnig teruggeveg en het albei Engelse aanvangskolwers kleedkamer toe gestuur met slegs 3 lopies op die telbord.

Joe Root het toe 83 om die derde paaltjie met Gary Balance aangeteken en toe 57 saam met Johnny Bairstow en net soos Quinton de Kock, lopies teen 'n lopie per bal aangeteken.

Maar toe Root Morne Morkel se tweede slagoffer geword het nadat hy deur De Kock agter die penne uitgevang is, het die Engelse kolfbeurt in duie gestort. Die laaste 7 paaltjjies het vir slegs 62 paaltjies gekantel.

Morkel en Vernon Philander was uitstekend en het albei twee paaltjies ingeoes voordat Keshav Maharaj Engeland 'n reuse knou toegedien het met die paaltjies van Ben Stokes en Bairstow. Laasgenoemde is geboul deur 'n aflewering wat gedraai het en die bo-punt van die bypen getref het.

Dit was 'n aflewering wat die Proteas baie selfvertroue sal gee, veral omdat Engeland laaste moet kolf.

Maharaj het geëindig met 3 paaltjies asook Chris Morris, wat sy veelsydigheid onderstreep het deur korte mette te maak van die stert.