Proteas gereed vir 'groot karakter toets ' sê Du Plessis

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Die Standard Bank Proteas sal hul al hul vorige ervaring wil gebruik om sake gelyk te maak in die tweede Toets teen Engeland wat Vrydag op Trent Bridge in Nottingham begin. Kaptein Faf du Plessis sê die wedstryd sal 'n groot "karakter toets" wees, veral na die uitdagings wat die span vandeesweek moes oorkom.

Du Plessis maak sy terugkeer en sy ervaring en temperament met die kolf sal die span 'n reuse hupstoot gee. Een van sy beste kenmerke is dat hy altyd leiding neem, ongeag die situasie en dit het hom gehelp om deur die moeilikste toestande te kom.

“ Dit voel soos 'n gewone wedstryd vir my," het hy vanaf Trent Bridge gesê. "Dit was belangrik vir my dat ek hierdie week leiding neem, soos wat ek in die verlede gedoen het. Die dinge wat ek vandeesweek gesê het, is nie anders as wat ek voorheen gesê het nie. Vir my is dit belangrik dat die spelers moet verstaan dat daar prosesse is wat hulle kan vertrou want dit het ons soveel sukses in Toetskrieket in die verlede gebring."

“Ons verstaan dat ons foute in die eerste wedstryd gemaak het. Dit hang nou af hoe ons reageer. Dit gaan ons karakter toets en hoe ons op die uitdaging reageer. Ek kan na baie dinge verwys want daar was die reeks teen Australië wat ons as 'n span getoets het en ons het daardeur gekom. Ons weet wat ons kan doen en ons sal dit in die volgende wedstryd moet doen."

Die kaptein se terugkeer het die Proteas genoodsaak om drie veranderinge aan hul span aan te bring. Duanne Olivier vervang die geskorste Kagiso Rabada, en JP Duminy word weggelaat vir die ekstra kolwer of naatbouler. Olivier het beindruk op sy debuut teen Sri Lanka verlede jaar en het 5/57 laat kantel in die Proteas se oorwinning met 118 lopies op Bidvest Wanderers.

“ Dit was moeilik want ons weet wat hy aan die span bring," het Du Plessis oor Duminy se weglating gesê. "Hy sal die eerste speler wees wat sal erken dat jy lopies nodig het om in die span te bly. Mens moet jou deel kan doen. Hy was nie op sy beste nie so ons sal iemand anders 'n geleentheid gee."

Spel begin om 11:00 plaaslike tyd.