Basiese dissiplines het ons in die steek gelaat– Elgar

Dean Elgar

Dean Elgar

Standard Bank Proteas kaptein, Dean Elgar, sê die groep sal baie meer gefokus moet wees om die basiese dissiplines reg uit te voer. Dit volg na Sondag se teleurstellende nederlaag met 211 lopies teen Engeland op Lord's. 'n Teleurgestelde Elgar meen daar was baie verspeelde geleenthede oor die vier dae se krieket en die veldwerk was ook nie op standaard nie.

Hy het krediet gegee aan die boulers, wat die span in die prentjie gehou het danksy 'n skitterende vertoning op dag vier. Die laaste 9 paaltjies het vir slegs 114 lopies gekantel en die Proteas is die taak gestel om 331 vir 'n oorwinning aan te teken.

“ Daar was klein dinge wat die gang van die Toets beïnvloed het," het hy na die wedstryd toegegee. "Daar was verskeie verbroude vangskote, die talle foutballe en ander kwessies gedurende die Toets. Dit kon dinge makliker gemaak het as kaptein en vir die hele groep. Ons moet nou net aanbeweeg, maar ons sal ons dissiplines moet opskêrp vorentoe."

“ Ek het gedog ons het 'n kans gehad teen die etensuur," het hy erken. "Ons moet krediet gee aan ons boulers wat die wedstrydplanne gevolg het en toegepas het. Ons het geweet ons moes die tyd in die wedstryd goed gebruik maar dit sou moeilik wees. Toe hulle ag paaltjies teen etenstyd verloor het, het ek gedink ons het 'n geleentheid. Dis hoekom dit teleurstellend is oor die wyse hoe ons in duie gestort het.

Elgar sê hy het baie geleer uit sy kort termyn as kaptein en dit sal belangrik wees om vorentoe te kyk na die aanvang van die tweede Toets op Trent Bridge in Nottingham.

“Dit was 'n goeie week,” het hy oor die kapteinskap gesê. "Ek het dit geniet. Dit kon baie makliker gewees het as die geluk aan ons kant was. Dis hoe dinge werk. Ons sal net môre met 'n glimlag moet opstaan en onthou dat ons oor vier dae 'n kans het om weer te begin."

“Die realiteit van krieket is dat ons een of ander tyd sou verloor," het hy bygevoeg. Die belangrikste is dat ons so gou as moontlik moet terugveg. Ons is 'n hegte eenheid en sal baie meer fokus op die volgende wedstryd."

Russell Domingo het terug gereis Suid Afrika toe om met sy Ma tyd deur te bring. Haar gesondheid het verswak nadat sy in 'n motorongeluk betrokke was en is in 'n kritieke toestand. Faf du Plessis het hom ook by die span aangesluit wat Dinsdag na Nottingham reis.