Moeen Ali neem ses paaljies om oorwinning vir Engeland te beklink

Moeen Ali

Moeen Ali

ENGELAND het die Standard Bank Proteas binne 4 dae met 211 lopies afgeransel in die eerste Toets op Lord's.

Die besoekers is die taak gestel om 331 vir 'n oorwinning aan te teken maar is vir slegs 119 uitgeboender met Moeen Ali wat 6 paaltjies geneem het en 10 in die wedstryd.

Geen van die twee spanne se kolwers kon enigsins hondhaaraf maak in die toestande nie met Engeland wat 9/114 verloor het en Suid Afrika 10/119. Engeland sou ook veel minder aangeteken het indien Jonny Bairstow op die grens deur Vernon Philander uitgevang is. Bairstow het op daardie stadium net 7 agter sy naam gehad en het uiteindelik 51 aangeteken.

Philander het probeer om sy hand te beskerm toe hy die vangskoot verbrou het.

Die wedstryd is effektiewelik op die eerste dag gewen danksy 'n briljante hondertal deur die kaptein, Joe Root op sy debuut. Die Suid Afrikaanse veldwerk en ongedissiplineerde boulwerk het ook daartoe bygedra.

Dit was die eerste nederlaag vir 'n Suid Afrikaanse span in 'n Toetswedstryd sedert 1960.

Die Proteas het hul beste sessie van die wedstryd opgelewer en het 7/63 vroeg op dag vier laat kantel. Philander was weer terug om die boulaanval te lei en hy het genoeg druk toegepas wat tot deurbrake gelei het.

Engeland was nogtans in 'n baie sterk posisie met 'n voorsprong van 279 lopies met twee paaltjies staande, met Bairstow een van hulle.

Morkel het die aanvanklike deurbraak gemaak toe hy van Cook (69 van 192 balle, 10 viere) en Balance (34 van 78 balle, 4 viere) in agtereenvolgende boulbeurte ontslae geraak het. Maharaj en Rabada het hom ook goed bygestaan.

Bairstow was die laaste Engelse kolwer wat uitgehaal is en die Proteas is 'n stewige teiken van 331 vir 'n oorwinning gestel. Maharaj het geëindig met boulsyfers van 4/85 terwyl Morkel en Rabada 3 paaltjies elk geneem het.

Die teiken was 'n bykans onbegonne taak met die Proteas wat 3/25 voor teetyd verloor het. Amla het 10 van die lopies in een boulbeurt van Anderson aangeteken.

Kuhn was aan die bykant uitgevang, Elgar is gevang en geboul deur Moeen en Duminy het 'n haakhou probeer uitvoer, maar is vanaf die boulwerk van Wood uitgevang.

Daarna was dit 'n prosessie met Engeland wat albei draaiboulers ingespan het. De Kock het vir 'n wyle probeer walgooi op die nommer 5 posisie en hy het saam met Bavuma 36 om die 6de paaltjie bygedra.

Moeen het 6 paaltjies en 10 in die wedstryd platgetrek.