Krieket Suid Afrika Protea spelers aan vir die #T20 Globale Liga

AB de Villiers of the Proteas

AB de Villiers of the Proteas

KRIEKET SUID AFRIKA(CSA) het agt Stêr Status Protea spelers aangekondig wat vir hul onderskeie franschises in die eerste twee uitgawes van die nuwe #T20 Globale Liga sal speel. Die kompetisie skop later vanjaar af. Verlede week is daar ook agt internasionale spelers aangewys wat in die reeks sal deelneem.

Elk van die Stêr Status Protea spelers sal in 'n franchise ingedeel word waarmee hy 'n historiese verbintenis het of 'n stad waarmee hy 'n sterk verhouding kan opbou.

Die Protea spelers is:

1) Hashim Amla

2) Quinton de Kock

3) AB de Villiers

4) JP Duminy

5) Faf du Plessis

6) David Miller

7) Kagiso Rabada

8) Imran Tahir

“Dit was baie opwindend om ons Suid Afrikaanse spelers aan te wys," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat, gesê. "Dinge gaan nog meer opwindend raak wanneer ons die toeskouers vra om ons te help om 'n "plaaslike held" vir elke franchise aan te wys. Hierdie aankondiging is nog 'n belangrike stap om die nuwe T20 liga in Suid Afrika te vestig."

“Ons moet nie die gehalte van ons plaaslike spelers onderskat nie. Hulle is huishoudelike name reg oor die wereld en nou gaan ondersteuners uiteindelik die kans hê om hulle op eie bodem te sien kompeteer teen mekaar. Die Proteas gaan saam met die internasionale spelers baie waarde verleen aan die onderskeie franschises wat hulle gaan verteenwoordig," het Mnr Lorgat afgesluit.

Proteas Toets en T20 kaptein, Faf du Plessis het gesê; " Dis 'n wonderlike gevoel om deel van die agt Stêr Status spelers te wees. Hulle is van die beste spelers in die wêreld. Ek sien uit daarna om teen hulle in die nuwe #T20 Globale Liga te speel, want dis 'n ander uitdaging. Dit gaan pret wees, maar gaan ook baie mededingend wees omdat ons mekaar so goed ken. Ek sien baie uit daarna."

Proteas Eendag kapein, AB de Villiers, was ook baie trots om die lys te haal: "Ek is baie trots om deel te wees van die lys en kan nie wag vir die kompetisie om te begin nie. Dis ongelooflik om te dink dat die beste spelers in die wêreld hier in ons agterplaas gaan speel. As mens na die internasionale spelers kyk, is hulle individue wat T20 krieket verander het en ek sien uit na die nuwe liga."

Jong Protea snelbouler, Kagiso Rabada, het bygevoeg: “Ek is oorweldig om as 'n Stêr Status speler aangewys te word. Ek kan dit steeds nie glo nie. Dit sal seker eers insink soos die kompetisie nader kom. Ek sien daarna uit om 'n voorbeeld te stel in die #T20 Globale Liga. Dis 'n geleentheid vir elke jong Suid Afrikaner om 'n naam vir homself te maak. Dit maak my baie opgewonde."

Elke franchise sal ook 'n internasionale speler toegeken word. Dit beteken dat elke span oor twee Stêr Status spelers sal beskik in hul groep van 17 spelers. Die res van die groep sal deur die onderskeie eienaars en 'n afrigter aangewys word.

Spelers wat aan die #T20 Liga wil deelneem, kan die aansoekvorm, vekrygbaar op die CSA webwerf, epos na t20players@cricket.co.za voor 31 Mei 2017.

Die proses om eienaarskap van 'n span te bekom is reeds onderweg en die sluitingsdatum vir aansoeke is 28 April 2017.