Maharaj ingesluit in groep vir Kampioenskapstoernooi

Keshav Maharaj has been selected for the Proteas ODI squad for the first time.

Keshav Maharaj has been selected for the Proteas ODI squad for the first time.

Linksdraaier, Keshav Maharaj, is ingesluit in die Standard Bank Proteas se 15-man groep vir die Kampioenskapstoernooi.

Die groep sal drie Eendagwedstryde teen Engeland speel, met die eerste wedstryd op die 24ste Mei op Headlingley in Leeds voor die eerste groep wedstryd van die Kampioenskapstoernooi teen Sri Lanka op die 3de Junie.

Die 26-jarige Maharaj het 'n indrukwekkende debuut seisoen agter die blad vir die Toetsspan en is in die Eendaggroep ingesluit as een van die draai opsies met Imran Tahir.

Morne Morkel maak na 10 maande sy terugkeer tot die Eendagformaat, en bied nodige ervaring aan die boulers wat bestaan uit Kagiso Rabada, Wayne Parnell, Chris Morris, Dwaine Pretorius en Andile Phehlukwayo.

Krieket Suid Afrika (CSA) se sameroeper van die Keurkomitee, Linda Zondi, sê die keurders het 'n sterk groep aangewys wat alle kombinasies en toestande sal dek tydens die 8ste uitgawe van die toernooi.

“Ons werk nou al vir die laaste twee seisoene met hierdie spelers en ons was baie bestendig in ons keuses," het Zondi gesê. "Dis 'n aanduiding van hoe goed die groep gevaar het en het drie agtereenvolgende eendagreekse gewen."

“Ons voel dat die groep oor die nodige spelers beskik om enige scenario te dek op die toer. Elke speler verstaan ook wat hulle rolle is in die groep en watter waarde hulle toevoeg."

“Keshav het 'n uitstekende seisoen vir die Toetsspan gehad en sy insluiting bied ons 'n draaier met verskillende vaardighede en kolfdiepte. Ons weet hoe belangrik dit is om 'n lang kolflys te hê in Eendagkrieket en hy bied vir ons daardie opsie."

Die groep vertrek na Engeland op die 16de Mei en begin hul voorbereiding met twee opwarmingswedstryde teen Sussex en Northants.

Standard Bank Proteas ODI squad for three-match ODI series against England and ICC Champions Trophy: Hashim Amla (BuildNat Cape Cobras), Quiton de Kock - wk (Multiply Titans), Faf du Plessis (Multiply Titans), AB de Villiers – captain (Multiply Titans), JP Duminy (BuildNat Cape Cobras), David Miller (VKB Knights), Chris Morris (Multiply Titans), Wayne Parnell (BuildNat Cape Cobras), Andile Phehlukwayo (Hollywoodbets Dolphins), Kagiso Rabada (bizhub Highveld Lions), Imran Tahir (Hollywoodbets Dolphins), Dwaine Pretorius (bizhub Highveld Lions), Keshav Maharaj (Hollywoodbets Dolphins), Farhaan Behardien (Multiply Titans), Morne Morkel (Multiply Titans).

South Africa ODI Tour to UK itinerary

Fri 19 May 1-day Tour match v Sussex (D/N) 1st Central County Ground, Hove
Sun 21 May 1-day Tour match v Northants Northampton
Wed 24 May 1st Royal London ODI (D/N) Headingley, Leeds
Sat 27 May 2nd Royal London ODI Ageas Bowl, Southampton
Mon 29 May 3rd Royal London ODI Lord’s, London

Thu 1 – Mon 19 June ICC Champions Trophy
Sat 3 June Sri Lanka v South Africa The Oval, London
Wed 7 June Pakistan v South Africa Edgbaston, Birmingham
Sun 11 June India v South Africa The Oval, London