Williamson honderdtal plaas Kiwis in beheer

New Zealand captain Kane Williamson is congratulated by Jeet Raval of New Zealand

New Zealand captain Kane Williamson is congratulated by Jeet Raval of New Zealand

Die Standard Bank Proteas het hul moeilikste dag van hul toer deur Nieu-Seeland beleef na 'n uitstekende onoorwonne honderdtal deur Kane Williamson op dag drie van die derde en laaste Toets met die tuisspan wat die dag afgesluit het op 321/4 op Seddon Park in Hamilton.

Die Swart Pette se kaptein het 148 (216 balle, 14 viere en 3 sesse) gemoker en vir die grootste gedeelte van die dag saam met Jeet Raval gekolf. Raval het self 88 (254 balle, 10 viere) aangeteken en teen uitskeityd het Nieu-Seeland 'n voorsprong van 7 lopies gehad.
Die paar het saam gekolf vanaf die 7de boulbeurt van die oggend, nadat spel vir meer as 'n uur vertraag is weens 'n nat buiteveld.

Morne Morkel het vroeër die 6de Suid Afrikaner geword om 250 Toetspaaltjies te laat kantel toe hy van Tom Latham (50, 104 balle, 10 viere) ontslae geraak het danksy 'n briljante vangskoot deur Quinton de Kock.

Die twee Nieu-Seelanders het die Proteas frustreer tot en met 14 boulbeurte voor uitskeityd deur 190 om die tweede paaltjie aan te teken. Dit is die tweede hoogste venootskap om die tweede paaltjie en die derde beste teen Suid Afrika.

Die venootskap is uiteindelik verbreek met 'n uur se spel oor en die besoekers het teruggeslaan deur drie verdere paaltjies in te oes, wat verseker het dat hulle steeds binne trefafstand bly op dag vier.

Williamson, het ook die vinnigste Nieu-Seelandse speler geword om 5000 lopies aan te teken en het ook sy 17de Toetshonderdtal aangeteken, saam met Martin Crowe.

Morkel (2/74) het Raval se paaltjie geneem en is nou saam met Shaun Pollock (421), Dale Steyn (417), Makhaya Ntini (390), Allan Donald (330) en Jacques Kallis (291) op 'n lys van boulers wat meer as 250 paaltjies laat kantel het. Kagiso Rabada (2/83) het ook beïndruk toe hy van Neil Broom (12) en Henry Nicholls (0) met agtereenvolgende aflewerings ontslae geraak het.

Vernon Philander het toe ook vir Mitchell Santner skoongeboul, maar dit was 'n foutbal. Die besoekers sal nogtans moed skep vir die res van die wedstryd.