De Kock help Proteas tot mededingende telling

Quinton de Kock celebrates a half-century.

Quinton de Kock celebrates a half-century.

Quinton de Kock het so byna nog 'n honderdtal aangeteken en die Standard Bank Proteas gehelp om 'n mate van beheer te hê op dag twee van die derde Toets teen Nieu-Seeland op Seddon Park in Hamilton.

Suid Afrika se jong paaltjiewagter het 'n besige 90 (118 balle, 11 viere en 2 sesse) aangeteken en saam met die stertkolwers die besoekers gehelp om 314 aan te teken. Dit was De Kock se 9de 50-tal nadat hy vroeër 'n fiksheidstoets moes slaag om in die wedstryd te speel.

Daar was ook 'n indrukwekkende 53 (108 balle, 9 viere ) deur kaptein Faf du Plessis en 'n persoonlike beste beurt van 34 deur Kagiso Rabada, voordat die tuisspan die dag afgesluit het op 67/0 – 'n agterstand van 247.

Maar as twee ure het verlore geraak weens reën, maat albei spanne het goed gebruik gemaak van die verlengde oggendsessie.

Du Plessis en Bavuma het hul venootskap om die 5de paaltjie tot 51 verleng voordat Matt Henry van Bavuma ontslae geraak het vir 29. Die stertkolwers het toe weereens wal gegooi en De Kock gehelp om 166 lopies om die laaste 5 paaltjies by te dra. Hy was ook in 'n venootskap van 42 met Du Plessis betrokke voordat Du Plessis op briljante wyse deur Tom Latham vanaf Micthell Santner se boulwerk uitgevang is.

Philander (11) het toe ook sy 1000ste lopie aangeteken en was in 'n venootskap van 29 met De Kock betrokke waarna die paaltjiewagter toe ook 30 met Kehav Maharaj (9) en 46 met Rabada bygedra het.

Die laaste paar het ook 19 bygedra voordat die Proteas binne 89.2 boulbeurte uitgeboul was.

Henry was die tuisspan se beste bouler met syfers van 4/93 terwyl Neil Wagner 3/104 platgetrek het.

Die Proteas se boulers was deurentyd uitmuntend en Latham (40) was gelukkig om met sy telling op 1 'n uitstekende bal van Philander te oorleef en was saam met Jeet Raval (25) nog voor die penne toe die balkies gelig is.