Genoeg tyd in die wedstryd - Amla

Standard Bank Proteas batsmen Hashim Amla and captain Faf du Plessis

Standard Bank Proteas batsmen Hashim Amla and captain Faf du Plessis

Standard Bank Proteas kolwer, Hashim Amla, sê daar is genoeg tyd oor in die wedstryd om 'n uitslag te bewerkstellig, hoewel die reën spel telkemale in die wiele gery het op die eerste dag van die derde Toets tussen Suid Afrika en Nieu-Seeland op Seddon Park in Hamilton. Amla het sy 32ste Toetsvyftigtal aangeteken, voordat reën weer die laaste sê gehad het met die Proteas op 123/4.

Dit was Amla se eerste 50-tal van die toer en hy het weer op sy stukke gelyk en nege grenshoue gemoker. Hy het krediet gegee aan Nieu-Seeland se nuwe boulaanval, wat die toestande uitgebuit het en dinge moeilik gemaak het vir die kolwers.

“Op die ou end was dit 'n goeie laaste dag," het hy oor die onderbrekings gesê. "Die kolfblad het wip in hom gehad en na die etensuur het die bal meer geswaai. Ons is baie dankbaar dat ons lopies op die telbord kon sit, maar ons weet ons moet nog baie lopies aanteken."

“Dit was lekker om lopies aan te teken. Dit het goed gevoel," het hy gesê. "Dit was nie maklik om te kolf nie en dit het oortrokke gebly. Ons het gehoop die son sou skyn maar later het dit weer bewolk geword. Dit was moeilk en die ouens sal moet hard werk vir hul lopies môre."

Amla sê die strategie sal wees om, ondanks die reën, steeds te probeer om lopies aan te teken en om 'n goeie eerste beurt telling daar te stel. Hopelik sal die naatboulers daarna goed kan vaar in oortrokke toestande.

“Daar is nog baie tyd oor in die wedstryd," het hy verduidelik. "Ons het so 50 boulbeurte verloor, maar met 'n ekstra halfuur elke oggend oor die vier dae, kan mens dit opmaak. Die strategie verander nie veel nie. Ons wil so veel moontlik aanteken en dinge van daar af vat. Ons het nog harde werk wat voorlê en wil 'n goeie telling op die telbord sit."

Faf du Plessis (33) en Temba Bavuma (13) sal kom voortkolf met die telling op 123/4. Spel sal om 10h30 plaaslike tyd (23:30 SA tyd) begin om die verlore boulbeurte op te maak.