De Kock moet 'n fiskheidstoets ondergaan

WELLINGTON, NEW ZEALAND - MARCH 18:  Jeet Raval of New Zealand bats while Quentin de Kock of South Africa looks on during day three of the test match between New Zealand and South Africa at Basin Reserve on March 18, 2017 in Wellington, New Zealand.  (Photo by Hagen Hopkins/Getty Images)

WELLINGTON, NEW ZEALAND - MARCH 18: Jeet Raval of New Zealand bats while Quentin de Kock of South Africa looks on during day three of the test match between New Zealand and South Africa at Basin Reserve on March 18, 2017 in Wellington, New Zealand. (Photo by Hagen Hopkins/Getty Images)

Standard Bank Proteas paaltjiewagter en kolwer, Quinton de Kock, sal 'n fiksheidstoets moet ondergaan om vas te stel of hy beskikbaar sal wees vir die derde Toets teen Nieu-Seeland wat Saterdag in Hamilton begin. De Kock het sy regter indeksvinger beseer tydens die tweede Toets in Wellington met skanderings wat getoon het dat hy die senings beseer het.

Proteas spanbestuurder, Dr Mohammed Moosajee, het so kommentaar gelewer: “Quinton het sy regter indeksvinger beseer tydens die tweede Toets in Wellington. Op daardie stadium het ons X-strale laat doen om vas te stel of daar 'n fraktuur was, wat toe nie die geval was nie. Hy het nogtans ongemak gehad in die vinger en 'n skandering wat ons in Hamilton gedoen het, het gewys dat die sening op sy indeksvinger ook beskadig was.

“Ons sal laat Vrydag 'n besluit maak en hy sal 'n fiksheidstoets moet ondergaan met spesiale pleisters om vas te stel of hy kan kolf of paaltjiewagter speel. Hy sal in ieder geval n periode van 4-6 weke benodig om te herstel. Daar bestaan ook die moontlikheid dat hy gaan uitmis op die IPL omdat hy sal moet herstel van die besering.

“Omdat hy 'n paaltjiewagter is, is daar spanning op die vinger elke keer as hy die bal vang en dit maak dinge moeilik om genoeg tyd te hê sodat dit ten volle herstel," het hy bygevoeg. "Indien hy nie die 4-6 weke herstel periode het nie, kan dit ook sy deelname aan die Kampioenskapstrofee en die toer na Engeland beïnvloed."