Proteas verniel swart pette binne drie dae

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

KESHAV MAHARAJ het sy beste boulsyfers behaal om die Proteas tot 'n 1-0 voorsprong in die reeks te boul en 'n oorwinning met 8 paaltjies oor Nieu-Seeland te lei op dag drie van die tweede Toets teen Nieu-Seeland by die Basin Reserve in Wellington.

Die linksdraaier het 6/40 binne 20.2 boulbeurte laat kantel en verbeter op sy vorige beste van 5/94, wat in die vorige Toets behaal is. Die tuisspan is vir slegs 171 in sy tweede beurt uitgeboul en Suid Afrika is die taak gestel om slegs 81 vir 'n oorwinning aan te teken.

Hulle het hul teiken bereik nadat hulle vir die ekstra halfuur na dag drie aangevra het met Hashim Amla wat onoorwonne op 38 geëindig het. Die besoekers neem nou 'n 1-0 voorsprong in die laaste Toets wat aanstaande Saterdag in Hamilton begin.

'n Dramatiese laaste dag het afgeskop met Vernon Philander (37*) en Morne Morkel (40) wat kom voortkolf het en hul venootskap tot 59 gerêk het voordat Jeetan Patel die beurt beëindig het op 359, met 'n voorsprong van 91.

Morkel het toe die eerste drie kolwers laat terugstap kleedkamer toe. Dit het die paaltjie van die kaptein Kane Williamson (1) ingesluit, met Nieu-Seeland wat gesteier het op 64/3.

Maharaj het toe van Henry Nicholls (7) en Jimmy Neesham (4), ontslae geraak en die tuisspan het slegs 90/5 op die telbord gehad.

Die aanvangskolwer Jeet Raval met sy beste telling van 80, het tydelik die Suid Afrikaners se opmars gestuit saam met BJ Watling (29).

Die paar het saam 65 om die 6de paaltjie bygedra, maar na hulle vertrek het Nieu-Seeland weer in duie gestort. Die tuisspan het hul laaste 5 paaltjjies vir slegs 16 lopies verloor en is uiteindelik binne 63.2 boulbeurte uitgeboul.

Maharaj was ongetwyfeld Suid Afrika se held en vir die tweede keer meer as 5 paaltjies in 'n beurt ingepalm. Dit was ook die 5de beste boulsyfers deur 'n Suid Afrikaanse draaier oorsee en het verseker dat die Proteas nie 'n groot telling jaag nie.

Stephen Cook het weerens gesukkel (11) en Dean Elgar het 17 aangeteken, maar Amla se koel kop het die besoekers tot 'n gemaklike oorwinning gelei.