Bavuma en De Kock gee Proteas belangrike voorsprong

Standard Bank Proteas batsmen Temba Bavuma and Quinton de Kock

Standard Bank Proteas batsmen Temba Bavuma and Quinton de Kock

TEMBA BAVUMA en Quinton de Kock het albei byna honderdtalle aangeteken en die Standard Bank Proteas help herstel na dag twee van die tweede Toets teen Nieu-Seeland by die Basin Reserve in Wellington.

Die paar het Suid Afrika uit 'n benarde posisie gerêd en het saam 160 om die sewende paaltjie bygedra en saam met die stertkolwers gesorg dat Suid Afrika teen uitskeityd 349/9 aangeteken het-'n voorsprong van 81.

De Kock was die Proteas se beste kolwer met 'n vinnige 91 (118 balle, 10 viere, 3 sesse), terwyl Bavuma sy hoogste telling aangeteken het sedert sy honderdtal teen Engeland in Kaapstad verlede jaar. Hy het 'n belangrike 89 (160 balle, 9 viere) gemoker.

Daar was ook belangrike bydraes van Vernon Philander (36) en die nommer 11 kolwer Mornè Morkel, wat deur Tim Southee teen die kop getref is, maar steeds onoorwonne op 31 is. Hul venootskap om die laaste paaltjie het reeds 47 bygedra.

Die stertkolwers moes walgooi nadat die Swart Pette aanvanklik verwoesting gesaai het. Die Proteas was teen middagete teen die planke op 94/6 en dit het gelyk asof die tuisspan beheer van die Toets sou oorneem.

Die naguiltjie Kagiso Rabada (9) is binne die eerste twee boulbeurte uitgehaal voordat JP Duminy vir 16 moes kleedkamer toe stap.

Hashim Amla (21) het weereens gesukkel om sy beste vorm te herwin en Faf du Plessis (22) het Colin de Grandhomme (3/52) se derde slagoffer geword met die besoekers wat vanaf 24/2 lelik in duie gestort het.

Die res van die kolwers het toe 255 lopies vir die verlies van slegs 3 paaltjjies aangeteken en die stêrkolwers het die Proteas gevolglik in 'n stewige posisie gekolf.