Paaltjies laat in die dag laat sake in die weegskaal na Dag 1

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

Standard bank Proteas bowler Keshav Maharaj

Nieu-Seeland het twee keer toegeslaan tydens die laaste drie boulbeurte en die Standard Bank Proteas se eerste dag van die tweede Toets bederf by die Basin Reserve in Wellington.

Sake is nou taamlik gelyk nadat Suid Afrika 24/2 op die telbord gehad het in antwoord op die tuisspan se 268 almal uit.

Die held van die eerste Toets, Dean Elgar (9) en Stephen Cook (3) is almal laat in die dag kleedkamer toe gestuur nadat die boulers die tuisspan tot 'n redelike telling beperk het. Henry Nicholls het nogtans sy eerste Toetshonderdtal aangeteken (118 van 161 balle, 15 viere) en sy span uit 'n benarde posisie gerêd.

JP Duminy was die besoekers se beste bouler en gespog met sy beste boulsyfers van 4/47 nadat die Proteas die loot gewen het en besluit het om eerste te boul.

Die Swart Pette het binne die eerste uur drie paaltjies plat gehad en was na die etensuur teen die planke op 101/5 nadat Kagiso Rabada (2/59) en Keshav Maharaj (2/47) verwoesting gesaai het.

Nicholls en BJ Watling (34) het 116 om die 6de paaltjie bygedra voordat Duminy korte mette van die stertkolwers gemaak het. Hy het ook verbeter op sy boulsyfers van 4/73 wat teen Australie in Kaapstad in 2014 behaal is.

Nicholls was ook een van sy slagoffers voordat Tim Southee met 27 die langsteel ingelê het om die telling 'n hupstoot te gee.

Morne Morkel het ook 2/82 laat kantel.

Suid Afrika het op koers gelyk om die dag af te sluit in 'n stewige posisie, maar Southee (1/18) en Colin de Grandhomme (1/2) het toe toegeslaan. Dit het die naguiltjie Rabada (8) en Hashim Amla (0) die taak gelaat om tot uitskeityd te kolf.