Proteas reg om alles in die stryd te werp voor tweede Toets

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Standard Bank Proteas Test captain, Faf du Pessis,

Die Standard Bank Proteas hanteer die tweede Toets teen Nieu-Seeland by die Basin Reserve in Wellington as 'n wedstryd wat hulle "moet wen." Die Proteas kaptein, Faf du Plessis het benadruk dat die span 'n goeie uitslag wil hê na die eerste Toets in Dunedin onbeslis geëindig het. Die reeks is steeds in die weegskaal met twee Toetse oor om te speel.

“Ek sal beslis waag om die wedstryd te wen," het Du Plessis gesê. "Ons sal die wedstryd speel soos ons elke wedstryd speel," het hy verduidelik. "Ons sal ons bes probeer om geleenthede in die wedstryd te skep. As dit daar is, sal ons beslis ons geleenthede wil benut."

Du Plessis het gevra vir 'n verbeterde vertoning van die kolwers. Suid Afrika het nog nie as 'n eenheid gekolf nie, ondanks 'n paar goeie individuele vertonings. Du Plessis het 50-talle in albei kolfbeurte aangeteken met Dean Elgar en Temba Bavuma wat ook goeie beurte gespeel het. Die res was taamlik teleurtstellend omdat die Proteas hul kolfwerk as een van hul sterkpunte sien.

“Ek vra die ouens vir bestendigheid," het hy gesê. "As 'n kolfeenheid het ons in die verlede baie goed gevaar. Daar was 'n paar hondertalle in elke reeks wat ons gespeel het maar ons het nog nie die groot tellings van die kolwers gehad nie. Een honderdtal in 'n reeks is nie genoeg nie. Dit gaan oor bestendigheid. In elke reeks het ons staat gemaak op twee kolwers wat die kastaaiings uit die vuur krap. Ons moet dit verbeter want ons het 4 uit die ses kolwers nodig om lopies aan te teken."

Die kaptein sal staatmaak op die ervaring van die snelboulers, Morne Morkel en Vernon Philander, asook die slaankrag van Kagiso Rabada. Philander (6/81) en Morkel (6/23) het die grootste skade aangerig met die bal tydens die onbesliste wedstryd in 2012. Hulle sal waardevolle insigte ook kan bied oor een van die ander natuurlike struikelblokke- die wind.

“Morne weet alles van die wind hier, hy het al hieroor gepraat," het Du Plessis gesê. "Die ervaring hy na die span bring is van onskatbare waarde. Die boulaanval neem groot selfvetroue uit sy teenwoordigheid. Ons weet nie of die toestande dieselfde sal wees as 5 jaar gelede nie, maar ons sal maar weg en sien."

“Die wind is deel van die uitdaging," het hy gesê. " Nieu-Seeland is gewoond om in hierdie toestande te speel. Ons het Kaapstad en Port Elizabeth waar die wind waai, maar dit voel nie soos hier nie. Dis moeilik vir die ouens om in die wind te boul. Draaiers sal in die wind moet boul en dit maak sake moeilik. Die kolwers sal ook hul balans moet hou indien die wind te sterk is."

Die wedstryd begin om 11:00 plaaslike tyd.