Reën het die laaste sê in Dunedin

DUNEDIN, NEW ZEALAND - MARCH 12:  Rain settles in ahead of day five of the First Test match between New Zealand and South Africa at University Oval on March 12, 2017 in Dunedin, New Zealand.  (Photo by Dianne Manson/Getty Images)

Die Standard Bank Proteas en New Zealand moes tevrede wees met 'n onbesliste uitslag in die eerste Toets in Dunedin nadat swaar reën toegesak het op die University Ovaal. Geen spel was moontlik nie.

Die wedstryd het op 'n spannende einde afgestuur omdat al drie uitslae moontlik was, maar die reën het die laaste sê gehad.

Skeidsregters Kumar Dharmasena en Bruce Oxenford het geen opsie gehad as om spel af te las vir die dag nie. Dean Elgar is as die Speler van die Wedstryd aangewys vir sy beurte van 140 en 89.

Suid Afrika was op 224/6 in sy tweede beurt- 'n voorsprong van 191 toe die reën begin val het.

Die tweede Toets begin Donderdag by die Basin Reserve in Wellington.