Proteas hoop vir opwindende laaste dag

Proteas batting coach, Neil McKenzie.

Proteas batting coach, Neil McKenzie.

Die Standard Bank Proteas sal strategies moet wees in hul benadering om 'n oorwinning te verseker op die laaste dag van die eerste Toets teen Nieu-Seeland in Dunedin. Swaar reën word vir die laaste dag voorspel, maar al drie uitslae is moontlik by die University Ovaal.

Die wedstryd het tot dusver aangrypende krieket opgelewer met geen span wat sake heeltemal domineer het nie. Die Proteas se kolfafrigter, Neil Mckenzie se die span hoop om 'n situasie te skep waarna hulle sake kan dikteer.

“Ons moet sake dikteer en ons tyd voor die penne," het Mckenzie gesê. " Ek dink nie ons gaan 60 of 70 binne die eerste 10 boulbeurte aanteken nie. Die kolfblad gaan dit nie toelaat nie. Ons sal eers hard moet werk en probeer om die voorsprong na 270 of meer te rêk. Daarna sal ons kan verklaar en Nieu-Seeland onder druk sit."

“Hulle sal in hul kleedkamer sit en probeer planne maak oor hoe om vinnig paaltjies te kry en ons probeer beperk tot so 230. Daardie 30-40 lopies op hierdie kolfblad gaan 'n groot verskil maak.

Dean Elgar het net 11 lopies benodig om die 13de kolwer te word om twee nulletjies en honderdtalle in albei kolfbeurte van 'n Toets aan te teken. Hy het 548 aflewerings vir sy 140 en sy 89 trotseer. Dit is die meeste balle trotseer deur 'n besoekende kolwer in Nieu-Seeland en hy het terselfdertyd die Proteas se onderskeie beurte geanker in moeilke toestande.

Die kolwers moes aanpas en wal gooi teen 'n gedissiplineerde boulaanval en dit het Elgar se persoonlikheid en sy kolfstyl soos 'n handskoen gepas.

“Almal moes baie hard werk," het Mckenzie oor die span se vertoning met die kolf gesê. "Dis nie 'n maklike kolfblad nie en dis nogal moeilik om vinning lopies aan te teken. Dit het Kane Williamson 10 aflewerings geneem om sy eerste lopie aan te teken, so ek dink ook dis hoekom Dean dit geniet. Hy is 'n doelgerigte krieketspeler, veral wanneer jy hard moet werk vir jou lopes. Hy besef dat Toetskrieket nie net oor vinnige lopies gaan nie. Dit gaan ook oor die moeilike, lelike lopies."

“Hy is reeds in sy 30's, so hy ken sy spel en weet wat om te doen," het Mckenzie bygevoeg."Hy is deesdae baie slimmer wat sy kolfwerk betref. Tydens die reeks teen Sri Lanka het hy lopies aangeteken, maar ons as 'n span wou meer hê. Baie van die ouens het honderdtalle aangeteken en dan is daar 'n stilte. Ons het baie klem daarop gesit vir die spelers wat op dreef is, om hul geleenthede te benut."

Faf du Plessis (56) en Vernon Philander (1) sal spel hervat op dag 5 met die telling op 224/6 en 'n voorsprong van 191. Spel begin om 10:40 plaaslike tyd met 'n maksimum van 95 boulbeurte wat op die laaste dag geboul sal word.