Wêreld se nommer een bouler, Tahir, hoop om impak te maak.

Standard Bank Proteas bowler Imran Tahir

Standard Bank Proteas bowler Imran Tahir

Standard Bank Proteas draaibouler, Imran Tahir, hoop sy styging tot die nommer een posisie op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir boulers, sal hom aanspoor tot nog stewige vertonings in die opkomende Eendagreeks teen Nieu-Seeland, wat Vrydag met 'n eenmalige T20 wedstryd in Auckland begin.Tahir behou die No.1 posisie in T20 en Eendagkrieket en het na die voorste posisie geskuif nadat hy 10 paaltjies in die reeks teen Sri Lanka laat kantel het. Die Proteas het ook die reeks met 5-0 gewen.

Hy het ontwikkel in 'n speler wat enige wedstryd kan swaai en albei kapteins, AB de Villiers en Faf du Plessis, het hom lof toegswaai met die waarde wat hy bring in albei formate. Die 37-jarige het 69 Eendagwedstryde en 30 T20-wedstryde in 6 jaar gespeel en word elke jaar net beter.

“Ek het baie hard gewerk," het hy vanuit Auckland gesê. " Dis nie maklik om in elke reeks op die hoogste vlak te presteer nie, maar solank ek goed doen vir die kaptein en die afrigter, dan is ek gelukkig."

“Dis baie spesiaal om die wêreld se voorste bouler te wees," het hy uitgebrei. "Toe ek begin krieket speel, het ek nooit gedink ek sal die No.1 bouler in die wêreld word nie. Dis te danke aan die harde werk wat ek ingesit het. Ek is opgewonde want daar is baie goeie spelers in die wêreld. Om No. 1 te wees is 'n groot prestasie en ek is baie dankbaar om vir Suid Afrika te speel want die ouens het my baie gehelp om die bouler te word wat ek vandag is. Hopelik kan ek voortbou op die vertonings en op my beste bly."

Die Proteas is gedwing om binnenshuis te oefen voor die wedstryd Vrydag, maar sal gefokus bly op hul voorbereiding, ondanks die ontwrigting.

“Ons het gister 'n volle sessie gehad," het Tahir gesê. "Ons het so pas 'n reeks gespeel, so die ouens is goed op dreef. Ek dink nie dit pla die ouens te veel dat ons nie veel oefensessies gehad het nie. Ons speel tans goeie krieket en alles gaan goed in die kamp."