Paterson bygevoeg tot groep in plek van Pretorius

Dane Paterson

Dane Paterson

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die groep van 14 spelers in die Standard Bank Proteas groep behou wat die Momentum Eendagreeks teen Sri Lanka gewen het vir die opkomende Eendagreeks teen Nieu-Seeland. Die kitsreeks sal bestaan uit een T20 wedstryd en 5 Eendagwedstryde.

Hulle het nogtans Dane Paterson nader geroep as plaasvervanger vir Dwaine Pretorius vir die T20 wedstryd asook die eerste Eendgwedstryd. Pretorius sal hierdie wedstryde misloop omdat sy vrou hul eerste kind verwag en hy tuis wil wees.

Paterson het sy Standard Bank Proteas debuut tydens die KFC T20 reeks teen Sri Lanka gemaak maar het nog nie sy buiging in die langer formaat gemaak nie.

“Dane sal met die span Saterdag vertrek en sal na Suid Afrika terugkeer sodra Dwaine hom by die groep aansluit," het die Sameroeper van die Keurkomitee, Linda Zondi gesê. "Ons as keurders is baie gelukkig met die groep en die wyse waarop hulle die laaste 6 maande saam gespeel het. Dis ook belangrik vir ons om bestendig te wees met die aanloop tot die Kampioenskapstoernooi in Junie. Nieu-Seeland speel tans baie krieket en sal moeilike teenstanders in hul eie toestande wees."

Mnr Zondi het bevestig dat Lungi Ngidi nie herstel het van sy besering nie en is dus nie oorweeg nie, maar David Miller was wel fiks verklaar.

Standard Bank Proteas ODI squad: AB de Villiers (Multiply Titans, ODI capt), Faf du Plessis (Multiply Titans, T20 capt), Hashim Amla (BuildNat Cape Cobras), Farhaan Behardien (Multiply Titans), Quinton de Kock (Multiply Titans), JP Duminy (BuildNat Cape Cobras), Imran Tahir (Hollywoodbets Dolphins), David Miller (VKB Knights), Chris Morris (Multiply Titans), Wayne Parnell (BuildNat Cape Cobras), Dane Paterson (BuildNat Cape Cobras), Andile Phehlukwayo (Hollywoodbets Dolphins), Dwaine Pretorius (bizhub Highveld Lions), Kagiso Rabada (bizhub Highveld Lions), Tabraiz Shamsi (Multiply Titans).