CSA wens Proteas geluk met reeksoorwinning

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 04: Andile Phehlukwayo of the proteas celebrates the wicket of Dinesh Chandimal of Sri Lanka with Hashim Amla of the Proteas during the 4th One Day International match between South Africa and Sri Lanka at Bidvest Wanderers Stadium on February 04, 2017 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - FEBRUARY 04: Andile Phehlukwayo of the proteas celebrates the wicket of Dinesh Chandimal of Sri Lanka with Hashim Amla of the Proteas during the 4th One Day International match between South Africa and Sri Lanka at Bidvest Wanderers Stadium on February 04, 2017 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Lee Warren/Gallo Images)

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het die Standard Bank Proteas geluk gewens nadat hulle 'n 3-0 voorsprong teen Sri Lanka geneem het in die reeks van 5 wedstryde in die Momentum Eendagreeks. Die Proteas het hul derde agtereenvolgende wedstryd gewen toe hulle die Pienk Eendagwedstryd op die Bidvest Wanderers Stadium met 7 paaltjies gewen het.

Dit was ook die 12de agtereenvolgende Eendagoorwinning vir die Proteas op eie bodem nadat hulle van agter moes kom om Engeland met 3-2 te klop, asook Ierland en toe met 5-0 teen Australië skoonskip gemaak het.

“Veels geluk aan die Proteas na nog 'n oortuigende oorwinning," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat gesê. "Ons segetog oor die laaste 8 maande was besonder indrukwekkend en dit hou goeie dinge in vir die span met die aanloop tot 'n paar moeilike wedstryde oorsee."

“Die leierskap, met afrigter Russell Domingo aan die stuur, asook kaptein AB de Villiers en die plaasvervanger kaptein, Faf du Plessis, verdien volle krediet asook elke lid van die groep insluitend die bestuurspan."

“Veels geluk aan Faf wat sy 100ste Eendagwedstryd gespeel het. Dit is 'n baie spesiale geleentheid om jou 100ste wedstryd voor 'n volgepakte Wanderers te speel.

“Ek wil ook ons beste wense oordra aan ons ondersteuners, ons borge, uitsaaier SuperSport, die gasheer, die Gauteng Krieketraad, asook al die mense wat hard gewerk het om die Pienk Dag elke jaar 'n sukses te maak."

“Met die Pienk Dag nou in sy 5de jaar is dit duidelik een van ons spesiale geleenthede en ons is baie trots om betrokke te wees by so 'n besonderse projek," het Mnr. Lorgat afgesluit.