Du Plessis bring hulde aan Amla

Standard Bank Proteas players Faf du Plessis and Hashim Amla

Standard Bank Proteas players Faf du Plessis and Hashim Amla

Standard Bank Proteas kaptein, Faf du Plessis, het hulde gebring aan stêrkolwer, Hashim Amla, voor sy 100ste Toetswedstryd teen Sri Lanka in die derde Sunfoil Toets wat op die Bidvest Wanderers begin. Amla sal die agste speler word om die mylpaal te behaal na Gary Kirsten, Shaun Pollock, Jacques Kallis, Mark Boucher, Makhaya Ntini, Graeme Smith en AB de Villiers.

Sy glorieryke loopbaan van 12 jaar word gekenmerk deur sy kolfbeurt van 311 teen Engeland op die Oval in 212, steeds 'n Suid Afrikaanse rêkord vir die hoogste individuele Toetstelling en sy dubbelhonderdtal (253*) teen Indië in Nagpoer is nog n hoogtepunt. Sy bestendigheid en fokus is merkwaardig en sy Toetsgemiddeld is tans 49.45, wat 25 honderdtalle insluit. Hy het 7665 lopies tot dusver aangeteken.

Du Plessis sê Amla se bydraes, op en vanaf die veld, het hom 'n waardevolle lid gemaak van die kleedkamer gemaak en die 33-jarige geprys vir die impak wat hy op Suid Afrikaanse krieket gemaak het.

“Dis 'n wonderlike prestasie," het Du Plessis met die aanloop tot die Toets gesê. "Om 100 Toetse te speel is ongelooflik, iets waaraan ek nie eens naby sal kom nie. Ons is baie trots op hom as 'n span want dis 'n groot dag vir hom. Tipies van Hashim wil hy nie 'n groot ding hiervan maak nie want dis net 'n Toetswedstryd vir hom. Dit sal lekker wees as hy die dag geniet en groot lopies aanteken. Ons is 100% agter hom want hy is 'n fantastiese speler vir ons."

“Hy is die rots waarop ons kolflys gebou is," het hy voortgegaan. “Saam met Jacques Kallis is hy die beste speler wat Suid Afrika ooit gehad het. As ek nou uit my kop uit dink, het hy nog net twee periodes gehad waar hy gesukkel het om lopies aan te teken. Soms voel ek asof ek ook deur 'n lopiedroogte kan gaan, maar met Hashim is dit nie moontlik nie."

“Hoewel hy nie baie lopies op die oomblik aanteken nie, bied hy soveel ander dinge. Vir my is dit belangrik want selfs al sukkel hy met die kolf, bly hy steeds dieselfde persoon. Hy bring 'n kalmte in die kleedkamer, selfs al gaan dit nie goed nie. Hy het my geleer om na sukses en teleurstelling in dieselfde wyse te sien."

Die Proteas is oorgehaal om 'n goeie vertoning te lewer omdat dit so 'n besonderse geleentheid is, maar wil ook voortgaan met hul dominerende vertonings teen die sukkelende besoekers. Du Plessis sê dit sal belangrik wees vir die Proteas om nie op hul louere te rus nie.

“Ons speel deesdae baie internasionale krieket en soms is daar moeilike tye," het hy voortgegaan. "Dis nie sommer aldag dat mens in hierdie situasie is nie. Ons wil seker maak dat ons gefokus bly en dat ons Sri Lanka domineer. Ons was die hele reeks baie goed teen hulle, so dis 'n geleentheid om seker te maak dat ons dit 3-0 maak."