Behardien lei Proteas in T20

Farhaan Behardien to captain the T20 side.

Farhaan Behardien to captain the T20 side.

FARHAAN BEHARDIEN is aangestel as die Standard Bank Proteas se interim kaptein vir die eerste twee KFC T20 Internasionale wedstryde teen Sri Lanka.

Krieket Suid Afrika (CSA) het 'n groep van 13 spelers aangewys vir die reeks, wat ses nuwelinge insluit. Hulle is Jon-Jon Smuts, Theunis de Bruyn, Mangaliso Mosehle, Andile Phehlukwayo, Dane Paterson en Lungi Ngidi.

“Ons het besluit om 'n hele paar senior spelers vir hierdie reeks te rus," het die Sameroeper van die Keurkomitee, Linda Zondi gesê. " Dit is ons laaste geleentheid om dit te doen omdat die Momentum Eendagreeks wat volg, deel uitmaak van ons beplanning vir die Kampioenskaps Trofee wat in die middel van die jaar in Engeland plaasvind.

“Die senior spelers wat tans in die Indiese Premier Liga speel, sal voluit krieket speel tot die einde van die Augustus met toere na Nieu-Seeland en Engeland wat opkom, asook die Kampioenskaps Trofee."

“Farhaan was een van die uitblinkers in die T20 reeks en het die tweede meeste lopies aangeteken na Jon-Jon Smuts teen die vinnigste tempo.

“David Wiese was een van ons oorspronklike keuses, maar hy het ons meegedeel dat hy beplan om 'n Kolpak kontrak te onderteken en is gevolglik weggelaat uit die groep."

“Beide AB de Villiers en Morné Morkel sal later vandeesmaand plaaslike krieket speel en sal in aanmerking kom vir die derde T20 wedstryd," het Zondi bygevoeg.

Standard Bank Proteas squad: Farhaan Behardien (Multiply Titans, capt), Theunis de Bruyn (VKB Knights), Reeza Hendricks (bizhub Highveld Lions), Imran Tahir (Hollywoodbets Dolphins), Heino Kuhn (Multiply Titans), David Miller (VKB Knights), Mangaliso Mosehle (bizhub Highveld Lions), Lungi Ngidi (Multiply Titans), Wayne Parnell (BuildNat Cape Cobras), Dane Paterson (BuildNat Cape Cobras), Aaron Phangiso (bizhub Highveld Lions), Andile Phehlukwayo (Hollywoodbets Dolphins), Jon-Jon Smuts (Warriors).

KFC T20 International Schedule:

Friday, 20 January 2017: 1st KFC International, SuperSport Park, 18h00
Sunday, 22 January 2017: 2nd KFC International, Bidvest Wanderers, 14h30
Wednesday, 25 January 2017: 3rd KFC International, PPC Newlands, 18h00