Rabada verniel Sri Lanka se oorblywende kolwers

Kagiso Rabada and the Proteas celebrate a wicket.

Kagiso Rabada and the Proteas celebrate a wicket.

KAGISO RABADA het 4/33 in 7 boulbeurte laat kantel in sy eerste boulskof en korte mette gemaak van die Sri Lankaanse weerstand op die vierde oggend van die tweede Sunfoil Toets op PPC Nuweland in Kaapstad.

Sy paaltjies het drie van die laaste spesialiskolwers van Sri Lanka ingesluit. Een van hulle was Angelo Mathews, wat 49 aangeteken het met Sri Lanka wat uiteindelik vir 224 uitgeboul is. Die Proteas het uiteindelik met 282 lopies geseëvier.

Die Standard Bank Proteas loop nou met 2-0 voor in die reeks van drie en sal nou mik om skoonskip te maak in die laaste Toets, wat aanstaande Donderdag by die Bidvest Wanderers Stadion begin.

Rabada het geëindig met 6/55 in 17 boulbeurte. Dit is die 5de geleentheid wat hy 5 of meer paaltjies in 'n beurt laat kantel het. Hy het 10/92 in die wedstryd geneem. Hy is gevolglik as die Sunfoil Speler van die Wedstryd aangewys, die derde keer wat hy die toekenning ontvang.

Rabada het nou 58 paaltjies in slegs 13 Toetse geneem teen 'n gemiddeld van 22.01. Hy het reeds 41 paaltjies in 7 Toetse tuis geneem, hoewel hy nie kon boul in die Toets teen Nieu-Seeland op Sahara Stadion Kingsmead verlede jaar nie omdat reën spel in die wiele gery het.

Vernon Philander en Keshav Maharaj het elk 'n paaltjie geneem, met Philander wat sewe paaltjies in die wedstryd geneem het.

Krieket Suid Afrika (CSA) het die Proteas geluk gewens met hul reeksoorwining.

“Veels geluk aan die Proteas vir nog 'n uitstekende reeksoorwinning," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat, gesê. "Dis wonderlik om te sien hoe die span hul segetog voortsit. Dit voorspel goeie dinge vir die opkomende toere na Nieu-Seeland en Engeland."

“Hulle is nou terug onder die beste drie Toetsspanne in die wêreld en teiken nou die nommer een posisie oor die volgende 12 maande."

“Dit is 'n uitstekende reeks vir kaptein Faf du Plessis. Hy, afrigter Russell Domingo en al die spelers en spanbestuur moet geluk gewens word vir nog 'n reeksoorwinning. Hul spanwerk was deurslaggewend en hulle bring groot blydskap aan die nasie."

“Ek wil ons ondersteuners in die Wes-Kaap bedank omdat hulle so bankvas agter die span gestaan het. Die Nuwejaars Toets op Nuweland bly een van die groot hoogtepunte in wêreldkrieket," het Mnr Lorgat afgesluit.