CSA kanseleer nasionale kontrak van Abbott

Standard Bank Proteas bowler Kyle Abbott

Standard Bank Proteas bowler Kyle Abbott

KRIEKET SUID AFRIKA CSA) het aangekondig dat die nasionale kontrak van Kyle Abbott kanseleer word. Die besluit is deur albei partye bekragtig en is onmiddellik van krag. Dit volg na bevestiging dat hy 'n Kolpak kontrak in Engeland onderteken het.

CSA is in die proses om 'n soortgelyke proses te volg met die kolwer, Rilee Rossouw, wat ook 'n Kolpak kontrak geteken het.

Geen speler sal gevolglik oorweeg word om vir die nasionale span te speel nie.

“Ons het ongelukkig geen opsie as om bande met beide Abbott en Rossouw te verbreek nie en hulle sal nie meer beskikbaar wees vir Suid Afrika nie," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat, gesê.

“Dit is 'n baie teleurstellende dag vir Suid Afrikaanse krieket, maar ook vir internasionale krieket omdat hierdie spelers hul geleentheid opgesê het om weer internasionaal te siene te wees."

“Ons as CSA beskou dit as 'n groot verlies omdat ons baie tyd, finansies en tegniese afrigting in die ontwikkeling van spelers belê. Ons het ook baie bestee aan die welstand van spelers. Rilee het 'n baie lang tydperk op die krukkelys deurgebring en ons het alles in ons vermoë gedoen om hom die beste mediese versorging te bied."

“Beide Rilee en Kyle is verskeie geleenthede gegun op die hoogste vlak en was beslis in ons toekomsplanne. Ons het Rilee en Kyle probeer oorreed om hul besluite te heroorweeg, maar hulle het albei aangedui dat hulle Kolpak kontrakte wou teken. Hoewel dit 'n verlies is vir Suid Afrikaanse Krieket, wens ons hulle net die beste in hul loopbane oorsee."

“Ons sal voortgaan om te belê in plaaslike talent en om geleenthede te bied vir individue wat daarvan droom om vir hul land te speel. Ons sal nie spelers kontrakteer wat hulle nie daartoe verbind om vir Suid Afrika te speel nie," het Mnr Lorgat afgesluit.