Proteas boulers beoog om reeks te beklink

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 04: Kagiso Rabada of South Africa during the post match press conference during day 3 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 04, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri OeschgerGallo Images)

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 04: Kagiso Rabada of South Africa during the post match press conference during day 3 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 04, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri OeschgerGallo Images)

Standard Bank Proteas snelbouler , Kagiso Rabada, voel daar is genoeg lewe oor in die kolfblad om die oorblywende 6 Sri Lankaanse paaltjies in te oes om die oorwinning te verseker in die tweede Sunfoil Toets op PPC Nuweland in Kaapstad. Rabada het twee van die vier paaltjies laat kantel in Sri Lanka se poging om 507 vir 'n oorwinning aan te teken. Hy sal die toestande wil uitbuit om die reeks te beklink.

Paaltjiewagter en kolwer Dinesh Chandimal (28*) en kaptein Angelo Mathews (29*) het wal gegooi net voor uitskeityd op die derde dag en is met die rug teen die muur om die oorblywende 377 vir 'n oorwinning aan te teken vir 'n oorwinning.

“Daar is steeds spoed en nog baie wip in die blad," het Rabada gesê. "Sodra jy die nuwe bal afgeweer het, kan jy lopies aanteken. Ons kolwers het dit bewys. Dis 'n kolfblad waarop jy nooit gemaklik word nie. Sommige balle sal wip, ander sal swaai en een bal kan sommer baie streke uithaal en die kolwer onder druk plaas. Mens kan nie op jou louere rus nie want hier is steeds baie lewe in de blad, en ons sal dit wil gebruik sodra die bal bietjie ouer word. Ons het ons planne en taktiek beplan en wil dit uitvoer."

Die 21-jarige het toegegee dat hy gesukkel het met sy ritme tydens die eerste Toets in Port Elizabeth, maar het weer op sy stukke gelyk deur 4/37 tydens die eerste beurt te laat kantel. Hy was net so aggressief en gevaarlik tydens Sri Lanka se tweede beurt.

“Ek het net meer geboul en my ritme teruggekry," het Rabada verduidelik. "Wanneer jy 'n blaaskans gegee word, moet jy dit gebruik om te rus. Wanneer jy daarna weer moet boul, moet jy op die hoogste vlak jou beste kan lewer. Daar is eintlik nie tyd om te rus as jy nie goed boul nie."