Philander en Rabada neem vroee paaltjies

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 04: Kagiso Rabada of South Africa during day 3 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 04, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri OeschgerGallo Images)

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 04: Kagiso Rabada of South Africa during day 3 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 04, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Petri OeschgerGallo Images)

VERNON PHILANDER en Kagiso Rabada het hul verwoestingswerk voortgesit teen Sri Lanka met die Standard Bank Proteas wat al hoe nader beweeg het aan 'n reeksoorwinning na die derde dag van die tweede Sunfoil Toets op PPC Nuweland.

Die paar het gesamentlik agt paaltjies tydens die eerste beurt laat kantel en het weer twee paaltjies elk in die besoekers se tweede beurt ingeoes. Teen uitskeityd het die besoekers 130/4 op die telbord gehad met twee van hul senior kolwers, Angelo Mathews en Dinesh Chandimal wat bietjie weerstand gebied het.

Faf du Plessis het aan die besoekers die onwaarskynlike taak gestel om 507 vir 'n oorwinning aan te teken. Dit is meer as 100 lopies as die vorige beste tweede beurt teiken en nog net een keer in die geskiedenis het 'n span dit reggekry om meer as 500 in sy vierde beurt aan te teken.

Dit was die 654/5 wat Engeland tydens die geskiedkundige "tydlose toets" op Sahara Stadion Kingsmead in 1939 behaal het. Toestande was destyds anders met die wedstryd wat amper 10 dae geduur het.

Sri Lanka het een van hul beter dae in die reeks gehad en die Proteas in toom gehou tydens hul tweede beurt. Die besoekers het 4/101 tydens die oggend sessie en toe 3/88 na die etensuur ingepalm voordat Du Plessis die beurt verklaar het. Die kolwers was hierdie keer meer gefokus en die boulers moes gevolglik harder werk vir hul paaltjies.

Dean Elgar het sy honderdtal tydens die eerste beurt opgevolg met 'n telling van 55 (91 balle, 7 viere) en was in 'n venootskap van meer as 50 betrokke met Stephen Cook. Die enigste teleurstelling vir die Proteas was die feit dat drie kolwers, Hashim Amla, JP Duminy en Temba Bavuma weer gefaal het. Amla en Bavuma het albei nulletjies aangeteken. Amla het 'n uitstekende aflewering van Suranga Lakmal ontvang. Dieselfde het gegeld vir Duminy terwyl Bavuma ietwat ongelukkig was om uitgehardloop te word.

Lakmal was weereens Sri Lanka se beste bouler. Hy het nou 17 paaltjies in die reeks ingepalm, amper twee keer meer as van sy kollegas.

Lahiru Kumara, die groot held van die eerste beurt, het hierdie keer gesukkel met sy lengte maar het wel die paaltjie van die gevaarlike Quinton de Kock geneem.

Sri Lanka benodig 'n verdere 377 vir 'n oorwinning maar die Proteas soek eintlik net twee verdere paaltjies om die stertkolwers aan te val en die Toets te beklink.