Rabada, Philander stun Sri Lanka

Kagiso Rabada of South Africa during day 2 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka

Kagiso Rabada of South Africa during day 2 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka

KAGISO RABADA het sy 50ste Toetspaaltjie ingepalm en Vernon Philander se 150ste om die Standard Bank Proteas in algehele beheer te plaas teen Sri Lanka na die tweede dag van die tweede Sunfoil Toets op PPC Nuweland in Kaapstad.

Die paar het gesamentlik 8 paaltjies geneem om die besoekers vir slegs 110 uit te boender. Vroeër het die tuissan 392 in hulle eerste beurt aangeteken, danksy Quinton de Kock se derde Toetshonderdtal.

Die jong paaltjiewagter het 'n indrukwekkende 101 (124 balle, 11 viere) gemoker wat Suid Afrika in staat gestel het om 95 lopies om die laaste 4 paaltjies aan te teken. Daarna het hulle sonder enige moeite 35/0 in hul tweede beurt op die telbord gesit. Die voorsprong is reeds 317 en die Sri Lankane het 'n reuse taak wat voorlê indien hulle 'n reeksnederlaag wil vermy.

Dit was 'n indrukwekkende vertoning van die tuisspan, wat die dag hervat het op 297/6. Afgesien daarvan dat hulle die naguiltjie Kyle Abbott (16) met die agste bal van die beurt verloor het, was dit eenrigting verkeer daarna. Rangana Herath (2/57) het stewig vertoon.

De Kock het 33 en 40 onderskeidelik met Phlander en Keshav Maharaj (32*) om die agste en negende paaltjies aangeteken. Die tiener Lahiru Kumara het van albei Philander en Maharaj asook Rabada (8) ontslae geraak en met boulsyfers van 6/122 geëindig.

Rabada het toe die Sri Lankaanse kolwers laat bontstaan en het 4/37 geneem. Die paaltjie van Dimuth Karunaratne (24) was sy 50ste slagoffer in slegs sy 13de Toetswedstryd.

Philander het self gespog met syfers van 4/27 – sy 150ste Toetspaaltjie was dié Suranga Lakmal (0) met die Suid Afrikaanse boulers wat beloon is vir hul dissipline terwyl die besoekers by tye ook baie swak houekeuses uitgeoefen het. Hulle het hul laaste nege paaltjies vir slegs 54 lopies verloor en is binne slegs 43 boulbeurte uitgeboul.

Upul Tharanga was onoorwonne op 26, terwyl Keshav Maharaj 2/32 laat kantel het.

Dean Elgar (19) en Stephen Cook (15) het sonder moeite tydens die laaste 11 boulbeurte gekolf en die Proteas stewig in die saal gelaat.