Honderdtal verlig sommige van Elgar se frustrasies

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 02: Dean Elgar of the Proteas celebrates his century during day 1 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 02, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Carl Fourie/Gallo Images)

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JANUARY 02: Dean Elgar of the Proteas celebrates his century during day 1 of the 2nd test between South Africa and Sri Lanka at PPC Newlands on January 02, 2107 in Cape Town, South Africa. (Photo by Carl Fourie/Gallo Images)

Standard Bank Proteas aanvangskolwer Dean Elgar was verlig om sommige van sy frustrasies agterweë te laat met 'n honderdtal op die eerste dag van die tweede Sunfoil Toets teen Sri Lanka op PPC Nuweland In Kaapstad. Elgar het die afgelope ruk goed begin, maar kon nie heeltemal afrond nie.

Die 29-jarige het vir meer as 6 ure gekolf om 129 (230 balle, 15 viere) en sy 6de Toetshonderdtal aan te teken. Die tuisspan het teen uitskeityd 297/6 op die telbord gehad.

Dit was 'n groot verligting vir die linkskolwer, wat toegegee het dat sy onbestendigheid hom frustreer het.

"Ek kry soms 'n honderdtal vroeg in die reeks en dan kan ek nie daarop voortbou nie. Ek kry dan net 20's of 30's of 40's en dis baie frustrerend," het Elgar gesê. Hy het 45 en 52 tydens die eerste Toets in Port Elizabeth aangeteken.

“Ek weet dis nie in my karakter nie, het hy voortgegaan. " Ek het ook met die Titans afrigter, (Mark Boucher) gepraat asook ouens wat nie tans in ons huidige groep is nie."

Elgar het ook lof gehad vir die Nuwelandse kolfblad, wat die boulers ietwat bevoordeel het terwyl die kolwers hard moes werk vir hul lopies op die eerste dag. Sri Lanka het vroeër die loot gewen en besluit om te boul in oortrokke toestande.

"Ons het geweet ons moes die eerste uur oorleef en sodra die bal bietjie ouer geword het, sou dit ons 'n kans gebied het om meer lopies aan te teken," het Elgar verduidelik. "Dis 'n goeie kolfblad, maar mens moet net jouself goed inspan. Ons het 'n goeie kolfblad in PE gehad en hierdie een lyk ook baie goed."

Afgesien van Elgar se honderdtal, was die Proteas in die moeilikheid net na teetyd toe hulle op 159/5 gesteier het. 'n Venootskap van 103 tussen Elgar en Quinton de Kock het die momentum van die dag verander.

Toe Elgar kort voor uitskeityd uitgehaal is, was De Kock op 68 (90 balle, 7 viere) en hy is Suid Afrika se grootste hoop op 'n groot eerste beurt telling.

"Quinny (de Kock) is een van daardie buitengewone spelers van wêreldkrieket," het Elgar uitgebrei "Hy gaan nie sy spelstyl verander nie. Hy sit die boulers onder geweldige druk. Hulle dink hulle is in beheer en voor jy jou oë uitvee het hy 'n 50-tal. Hy is een van daai ouens wat die boulers behoorlik kan seermaak wanneer hy op dreef is," het Elgar afgesluit.

Spel begin om 10:30 en is regstreeks op SuperSport 2, SABC 3 en Radio 2000. Kaartjies vir die oorblywende dae van die Toetswedstryd is beskikbaar by die kaartjieskantoor by die stadion of by www.ticketpro.co.za.