Elgar, de Kock plaas dag een in Suid Afrika se guns

Dean Elgar and Quinton de Kock shared a 103-run partnership for the sixth wicket.

Dean Elgar and Quinton de Kock shared a 103-run partnership for the sixth wicket.

'n Beste telling van 129 deur Dean Elgar en 'n tipiese aanvallende beurt van Quinton de Kock het die Standard Bank Proteas gehelp om die inisiatief oor te neem op die eerste dag van die tweede Sunfoil Toets teen Sri Lanka op PPC Nuweland.

Die tuisspan het teen uitskeityd 297/6 op die telbord gehad, op 'n dag waarin kolfwerk moeiliker was as boulwerk. Vroeër het die besoekers die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Hulle het gereeld paaltjies ingeoes, maar kon slegs die belangrike paaltjie van Elgar laat in die dag in palm. Elgar het vir meer as 6 ure gekolf, en het 230 balle ontvang en 15 viere gemoker.

Hy was die anker van die Suid Afrikaanse kolfbeurt en het sy 6de Toetshondertal aangeteken en sy beste telling van 127, wat hy teen Australië in Perth in November aangeteken het, verby gesteek.

Saam met die De Kock, het hy gedeel in 'n venootskap van 103 lopies om die 6de paaltjjie en het die momentum in Suid Afrika se guns geskuif nadat die tuisspan net na etenstyd in die knyp was op 159/5.

De Kock, wat sy 1000ste Toetslopie aangeteken het, het die dag afgesluit op 68 (90 balle, 7 viere) terwyl Elgar net voor uitskeityd sy paaltjie verloor het.

Stephen Cook en JP Duminy het albei nulletjies aangeteken terwyl Hashim Amla (29) en kaptein Faf du Plessis (38) ook aanvanklik goed gelyk het. Temba Bavuma kon slegs 10 aanteken.

De Kock is ook 'n tweede kans aangebied met sy telling op 58 en die telling op 270/5.

Hy is aanvanklik BVP betrap en skeidsregter Aleem Dar het sy vinger gelig. De Kock het egter de besluit hersien en die "kyk weer" het getoon dat die bal die bypen sou mis.

Die naguiltjie Kyle Abbott was onoorwonne op 16 terwyl Lahiru Kumara Sri Lanka se beste bouler was met syfers van 3/86.