Proteas wil verbeter in 2017

Faf du Plessis.

Faf du Plessis.

Die Standard Bank Proteas sal hoop om 2017 op 'n hoë noot af te skop, veral na hul sterk vertoning deur Sri Lanka met 206 lopies in die eerste Sunfoil Toets in Port Elizabeth te klop. Die Proteas het die jaar begin met 'n 2-1 nederlaag teen Engeland, maar het daarna gespog met reeksoorwinnings oor Nieu-Seeland en Australië. Hulle betree die nuwe jaar met 'n 1-0 voorsprong in die reeks van drie teen Sri Lanka.

Die Proteas moes veranderinge in leierskap oorkom asook sleutelspelers wat beseer is, maar lyk na 'n gevestigde en gelukkige groep na hewige instrospeksie by 'n kultuur kamp wat gedurende die jaar gehou is. Daar was daarna talle uitblinkers: Die vasberadenheid van Stephen Cook, wat 575 lopies en drie honderdtalle aangeteken het asook Kagiso Rabada, wat steeds ontwikkel as een van die voorste snelboulers in Internasionale krieket.

Die Proteas het die jaar afgesluit as die vierde beste span op die Internasionale Krieketraad se ranglys en hul vordering sal afhang van hul vertonings gedurende die opkomende seisoen. Die 2017 seisoen sal 'n groot toets wees vir die span onder die leierskap van Faf du Plessis, met toere na Nieu-Seeland en Engeland wat 'n aanduiding sal bied van hoe goed die huidige groep is.

Kaptein Faf du Plessis, het die spelers aangespoor om selfs beter vertonings te lewer, ondanks die span se huidige segetog.

“Ek voel dat ons baie goed as 'n eenheid kolf," het Du Plessis na die eerste Toets gesê. "Dit gaan ook oor individuele vertonings en ek voel dat ons as 'n eenheid bietjie meer kan bereik. Soms moet twee ouens honderdtalle in elke beurt aanteken of soms is dit een ou wat twee hondertalle in 'n reeks aanteken. Ons moet beter vertoon, selfs al maak ons net 300 en ons wen die wedstryd. Ons moet eintlik probeer om 400 of 350 te maak."

“Dis ook belangrik vir hierdie span om te weet dat selfs as ons goed speel, moet ons na areas kyk waar ons kan verbeter. Dit geld veral wanneer ons wen."

Dag een van die tweede Sunfoil Toets, wat Maandag op PPC Nuweland begin, is reeds uitverkoop. Kaartjies vir die oorblywende vier dae kan op www.ticketpros.co.za. gekoop word.