CSA wens Erasmus en De Kock geluk met toetennings

KRIEKET SUID AFRIKA (CSA) het Marais Erasmus geluk gewens nadat hy aangewys is as die Internasionale Krieketraad se Skeidsregter van die jaar. Quinton de Kock is ook as die Internasionale Krieketraad se Eendagspeler van die Jaar bekroon.

Verskeie mans en vroue Protea spelers is ook in onderskeidelike Wêreldspanne vir die Toetsarena en die Eendagspanne ingesluit.

“Dit is 'n baie bevredigende einde tot die kalender jaar," het die Bestuurshoof van Krieket Suid Afrika, Haroon Lorgat gesê. "Marais is slegs die 5de skeidsregter en die eerste Suid Afrikaner om met die gesogte David Shepherd Trofee toegeken te word en dit is welverdiend."

“Hy is bekend vir sy uitstekende besluitneming maar ook sy kalmte wat hy gereeld openbaar. Dit was duidelik tydens die onlangse reeks tussen Indië en Engeland, waar hy 'n plofbare situasie ontlont het."

“Quinny het ook 'n uitstekende jaar agter die blad waarin hy 4 Eendaghonderdtalle aangeteken het teen 'n gemiddeld van bykans 50, teen amper 'n lopie per bal. Dis gerustellend om te weet dat die Proteas nou gevestigde ikone het soos Hashim Amla, AB de Villiers en Dale Steyn asook 'n nuwe generasie van stêrre soos Quinny en Kagiso Rabada, wat albei in die Eendagspan ingesluit is."

“Dis duidelik dat ons toekoms in uitstekende hande is."

“Geluk ook aan Dale wat vir die 8ste keer in 9 jare in die Toetsspan ingesluit is. Ook aan Kagiso, AB en Imran wat saam met De Kock in die Eendaggroep benoem is en aan Sune Luus wat in die vroue se Eendaggroep ingesluit is.”

Die volle lys van winners vir 2016 is:

ICC Cricketer of the Year (Sir Garfield Sobers Trophy) – Ravichandran Ashwin (India)

ICC Test Cricketer of the Year – Ravichandran Ashwin (India)

ICC ODI Cricketer of the Year – Quinton de Kock (South Africa)

ICC Women’s ODI Cricketer of the Year – Suzie Bates (New Zealand)

ICC Women’s T20I Cricketer of the Year – Suzie Bates (New Zealand)

ICC T20I Performance of the Year – Carlos Brathwaite (West Indies ) (34 not out, 10 balls, 1x4, 4x6, ICC WT20 India 2016 final v England, Kolkata)

ICC Emerging Cricketer of the Year – Mustafizur Rahman (Bangladesh)

ICC Associate/Affiliate Cricketer of the Year – Mohammad Shahzad (Afghanistan)

ICC Spirit of Cricket Award – Misbah-ul-Haq (Pakistan)

ICC Umpire of the Year (David Shepherd Trophy) – Marais Erasmus

ICC Men’s Teams of the Year 2016 (in batting order, selected by Rahul Dravid, Gary Kirsten and Kumar Sangakkara based on players’ performance in the period from 14 September 2015 to 20 September 2016):

icc

ICC Women’s Team of the Year (in batting order, selected by Clair Connor, Mel Jones

Shubhangi Kulkarni based on players’ performance in the period from 14 September 2015 to 20 September 2016):

icc-w